Bygewerk op 9 Mei 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 475
sinestesie s.nw. [geen meervoud] toestand waarby die waarneming van iets by die waarnemer ’n sekondêre sensasie opwek, waarby sintuie wat nie gewoonlik saamwerk nie, met mekaar verbind: › Henry kon nog altyd woorde proe of ruik, en in 2009 is sinestesie by hom gediagnoseer [...] In Henry se geval word sy smaak- en reuksintuig geprikkel wanneer hy sekere woorde hoor (Huisgenoot, 10 Augustus 2022). › J. is in ’n kroeg in Amerika aangeval en het ernstige breinskade opgedoen. Daarna kon hy skielik teken en het in fisika en meetkunde belanggestel. Hy voel die vorms wat hy teken – ’n toestand bekend as sinestesie (Elsabé Brits, Netwerk24, 18 Augustus 2018). › By sommige mense roep kleure smaak- en reuksensasies op. Pienk is bv. soet en grys ruik rokerig. (Sinestesie genoem.) (Sarie, Mei 2015). ◌ ENGELS: synaesthesia | (Amerikaans) synesthesia
senuweeoordrag
seramied
sesvoet
Seva
sexting
shabby-sjiek
shakshuka
Shawal
shibori
shiitake
shinga
shisa nyama
shisha
shukran
shweshwe
SI
siel
sielkanker
sielvreter
sientyd
Sigeuner
siklogenese
SIM-uitruiling
sinestesie
sinkhok
Sino-Tibettaans
Sinti
sirkel-ekonomie
sirkelserp
sitokien
sitokienstorm
sitokienvrystellingsindroom
sitrus
sjasjlik
Sjawal
sjiitake
sjimeji
sjisja
sjisj-kebab
Sjiwa
sjoekran
sjoesj
sjokkie
SKA
skaduwerk
skaftien
skaftin