Bygewerk op 9 Mei 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 475
sinkhok s.nw. | sinkhokke | sinkhokkie | informele, minderwaardige behuisingstruktuur, soos ’n hut of skuiling van sinkplate: › Somersaande ná werk as hy by sy sinkhok aankom, stroop hy die boonste stuk overalls af en bind dit om sy heupe (Kirby van der Merwe, Eugene, 2022). › Toe hulle hier in Munsieville hervestig is, het elke gesin “so ’n klein sinkhok gekry om in te woon”, wys sy met haar hande (Huisgenoot, 3 Maart 2016). › H. vertel hul gesin, wat bestaan het uit vyf kinders tussen sy ma en pa (hy het nog ander broers en susters ook), het vir jare in ’n sinkhok gebly (Kuier, 8 April 2015). › Klippies blameer die staat wat die plaas gekoop en toegelaat het dat mense hul sinkhokke daar opslaan (Valda Jansen, Rapport, 30 Mei 2021). › Sover die oog kan sien, is dit net sinkhokkies, kragpale, mense en stofstrate. Die geroeste, vuil sinkplate dra ’n boodskap van doodsheid, armoede, koue en sukkel (Kobus Smit, Rapport, 10 Oktober 2021). ◌ ENGELS: shack
seramied
sesvoet
Seva
sexting
shabby-sjiek
shakshuka
Shawal
shibori
shiitake
shinga
shisa nyama
shisha
shukran
shweshwe
SI
siel
sielkanker
sielvreter
sientyd
Sigeuner
siklogenese
SIM-uitruiling
sinestesie
sinkhok
Sino-Tibettaans
Sinti
sirkel-ekonomie
sirkelserp
sitokien
sitokienstorm
sitokienvrystellingsindroom
sitrus
sjasjlik
Sjawal
sjiitake
sjimeji
sjisja
sjisj-kebab
Sjiwa
sjoekran
sjoesj
sjokkie
SKA
skaduwerk
skaftien
skaftin
skaloeloe