Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
tjoklitbruin [attr. en pred.] (via Engels, informeel)
♦ s.nw. | tjoklitbruine | bruin kleur soos dié van sjokolade.
♦ b.nw. [attr. en pred.] met die bruin kleur van sjokolade: › Hoe en waar sal ek in my toekomstige bestaan nog ’n boer kan wees met ’n kudde tjoklitbruin beeste en ’n swerm knaterende ganse plus ’n dorper of twee? (Annemarie van der Walt, Netwerk24, 8 Oktober 2014). › Skurwe stamme en kaal takke hou wag oor “crispy” tjoklitbruin en roesrooi blare wat op die grond laer trek soos jagters om ’n kampvuur laat in die nag (Sarie, 2 Julie 2010). › Ek droom ek en Neil Young ry in 'n tjoklitbruin 3 liter-Ford Cortina. Ons ry met die seepad Weskus toe en hy sing “Country Home” van sy CD Ragged Glory (Die Burger, 23 Februarie 1998). › Ek was in die Laerskool Randhart in Alberton ons leuse was “Ons glo” en ons het sulke heldergeel en tjoklitbruin skoolklere gedra (Brian Webber, Beeld, 17 Augustus 1999).
◌ ENGELS: chocolate brown
tik-en-betaal
TikTok
TikTokker
til
tilaka
till
tilt
tinga-tinga
tinktinkiekerk
tittewyt
tjaks
tjankboelie
tjappie
tja-tja-paleis
Tjatjies
tjeld
tjiepskyt
tjil
tjoep-tjoep
tjoklit
tjoklitboks=
tjoklitboksliedjie
tjoklitbokstoneel
tjoklitbruin
tjol
tjops
tjorts 1
tjorts 2
tjo-tjo
toeba
toebroodjiegenerasie
toegangsleutel
toegatidee
toekap
toekomsbestand
toekomsbestendig
toekomsvas
toek-toek
toelies 1
toelies 2
toepas
toerisme
toes
toet
toetie
tok
-tokker