Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 5 Februarie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)

Soek in:

toksies b.nw. | toksiese | giftig.

toksiese leier leier wat kenmerke van toksiese leierskap toon: Die toksiese leier kan, as hy toegelaat word om lank genoeg aan te gaan, organisatoriese strukture met die verloop van tyd verwoes en ’n hele organisasie vernietig. Dit geld ook vir regerings en lande (Finweek, 8 Junie 2017). ’n Toksiese leier kan die organisasie se kultuur beïnvloed deur [...] organisasieprosesse te verontagsaam, lojaliteit bo bevoegdheid te beloon, sosiaal onaanvaarbare gedrag soos onderlinge vetes te normaliseer sowel as deur vertroue af te breek en duidelike gesagspunte te erodeer. ’n Toksiese leier se ander, bedriegliker invloed is wat sy gedrag aan die verhoudings tussen mense in die organisasie doen (Finweek, 8 Junie 2017).
ENGELS: toxic leader


toksiese leierskap leierskap gekenmerk deur onwilligheid om terugvoering te aanvaar, leuens of teenstrydighede, kliekerigheid, outokrasie, manipulasie, intimidasie, baasspelery en/of narsisme: Die teenvoeter vir toksiese leierskap in die Afrikakonteks is ’n leierskapstyl wat ubuntu sentraal plaas [...] Hier lê die klem op mag as ’n manier om ánder te help. Die grondslag is die welstand van ander en maniere om ander te ontwikkel. Ubuntu-leiers is in voeling met hul ware self, hulle leer uit kritiek, probeer verbeter, stimuleer ondergeskiktes om onafhanklik te dink en plaas hul eie ego ondergeskik aan wat belangrik is vir die saak (Prof. Ebben van Zyl, Netwerk24, 10 April 2016).
ENGELS: toxic leadership


toksiese manlikheid kultuurnorme en verwagtinge rakende tradisionele manlike gedrag wat vir die samelewing as geheel nadelige gevolge kan hê, soos die druk op mans om dominant en aggressief te wees en hulle kwesbaarheid en emosies te verberg: Pogings om toksiese manlikheid uit te daag, het ten doel om gesonder, konstruktiewer uitdrukkings van manlikheid te bevorder, emosionele oopheid aan te moedig en ’n inklusiewer, gelyker samelewing te skep. [Pres. Cyril] Ramaphosa het ’n beroep op die ouditorium vol hoërskoolseuns gedoen om “verantwoordelike en eerbare mans” te wees: “Ons moet ’n oop en eerlike gesprek hê oor die groeiende pandemie in ons land. Ons vroue en kinders is slagoffers aan die hande van mans wat dink hierdie samelewing behoort aan hulle. Julle is die mans en volwassenes van die toekoms. Dit is julle wat die hele idee rondom toksiese manlikheid gaan verander” (Netwerk24, 29 Augustus 2023).
ENGELS: toxic masculinity


toksiese man man wat toksiese manlikheid openbaar: Ek kan nou nie sê ek het al ooit die ekstreme skoonheidsprobleem gehad wat Dumi duidelik vir my sê ’n meulsteen om haar nek – ’n magneet vir toksiese mans – is nie. Maar is ek al deur mans misken? Ondermyn? Geminag? Geringgeskat? Verneder? Gegaslight? Laat voel asof ek mal is? Geboelie? Is my idees gevat en gemaak asof dit hulle s’n is? Is ek aangeraai om “hom” te laat glo iets is sy idee sodat ons kan vorentoe beweeg? Behandel soos ’n vloerlap? Verskreeu? Gemaak om minder te voel sodat hy kan groter voel? Honderd persent. Al daai dinge (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 5 November 2023).
ENGELS: toxic man


toksiese positiwiteit druk wat mense ervaar om aan ander slegs positiewe emosies te wys, en negatiewe emosies, ervarings, gevoelens en reaksies te onderdruk, te ontken of weg te steek: Onlangs is ek [...] bewus gemaak van die term toxic positivity [...] Toksiese positiwiteit is wanneer mense glo dat negatiewe gedagtes oor enigiets vermy moet word. Selfs in reaksie op gebeure wat normaalweg emosioneel pynlik kan wees, word positiwiteit aangemoedig ten koste van konteks en die normale sielkundige wroegings en heling wat daaruit spruit (Herman Lategan, Vrye Weekblad, 15 Desember 2023).
ENGELS: toxic positivity


Let wel
Kies in watter bron(ne) jy wil soek. As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Kyk hier onder hoe jy ook met behulp van spesiale karakters kan soek.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther