Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
umqombothi s.nw. [geen meervoud] (Zoeloe, Xhosa) tradisionele bier gebrou van mielies/sorghum, gis en water: › Die gisgeur van emmers vol umqombothi meng met ander prominente aromas: vuurrook, sweet, bees- en bokmis, en modder (Chris du Plessis, Vrye Weekblad, 19 Julie 2019). › Synde van meet af die praktiese kortpad na sosiale, alkoholiese drinkgoed, word dié ``nasionale'' drankies gemaak van watter plant voor die hand op die land staan: Mexiko se tequila van die algave-garingboom, Rusland en Pole se wodka van graan of aartappels, Brasilië se cachaça van suikerriet en selfs ons eie umqombothi van mielies (Die Burger, 29 Januarie 2000). › Hy gaan die blik umqombothi – tradisionele bier – omstuur, en ons moet kyk of ons kan klaarmaak (Die Burger, 5 Desember 2006). › T. is skuldig bevind nadat hy te veel bottie gevat en toe agter die stuurwiel ingeklim het. Dit was nadat hy beweer het hy het eintlik maar net ’n paar slukkies umqombothi, oftewel tradisionele Afrikabier, gevat (Die Burger, 20 April 2017). ◌ SINONIEM(E): mieliebier | sorghumbier ◌ ENGELS: umqomboti
samestelling(s):
umqombothikalbas
umqombothipot
ubukunzi
UCAV
ugli
uit
uitfigure
uitgefees
uitgezoom
uitmis
uitsluitkultuur
uitsteek
uitstiek
uitvissing
uitvissingsboodskap
uitzonk
uitzoom
ukukhothana
ukungenwa
ukuthwala
ukuthwasa
umakoti
umami
umhupe
umngqusho
umqombothi
Umshini wami
uniekheidskoepon
UPS
URI
URL
USSD
v.C.
vader
vadoek
VAG
vaksinasieweieraar
Valiant
validisme
valsgatheid
vanielje
vanielje=
vaniella
vanilla=
variantland
vark
varkoor
vas
vasmang