Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
umami (Japannees)
♦ s.nw. [geen meervoud] smaak wat nóg soet nóg sout, nóg suur nóg bitter is, maar ’n vyfde smaak wat in proteïenryke produkte en geurversterkers voorkom en beskryf word as ’n vleis- of aftrekselgeur: › Nog ’n smaak, umami, wat sedert die 1980’s erken word, word beskryf as ’n volronde mondgevoel. Dink aan die smaak van sojasous, Marmite, vissous en verouderde kase (Sarie, Mei 2018). › ’n Slukkie [whisky] sal die umami (daai vleiserige smaak) in die sop na vore bring en sal beslis ’n koue wintersdag ophelder (Weg, Julie 2015).
♦ b.nw. [attr. en pred.] met ’n umami smaak of ’n smaak wat as umami ervaar word: › Met sy umami geur kan sampioene jou vleislus teen ’n bekostigbaarder prys bevredig (Huisgenoot, 19 Mei 2016). ◌ ENGELS: umami
oorsprong:
Japannees umami ’n aangename, pikante smaak.
samestelling(s):
umamibom (figuurlik): › Buiten die umami-bom wat bars as tamatie, kaas en salami op ’n lekker warm plek ontmoet, hoort die tekstuur van gesmelte kaas iewers tussen kafeïen en kokaïen op die lys van verslawingsmiddels (Bianca du Plessis Malan, Sarie, 25 Junie 2021).
umamigeur: › Geroosterde broccoli en die umami-geure van die grondboontjiebotter-en-sojasous maak die slaai ’n wenner (Johané Neison, Tuis, 25 Oktober 2021).
umamilekkerte: › Om eerlik te wees, ek was nie van hierdie heelike umami-lekkerte se bestaan bewus nie (Anél Potjieter, Rapport, 19 September 2021).
umamiryk: › Namate mense ál minder vleis eet, soek hulle meer umami-ryke kosse om geur aan geregte te gee. Sampioene sal verder in gewildheid toeneem, veral die eksotiese soort soos oestersampioene (Carla Coetzee, Huisgenoot, 13 Januarie 2022).
tydmiljoenêr
tydsverloopvideo
über-
ubukunzi
UCAV
ugli
uit
uitfigure
uitgefees
uitgezoom
uitmis
uitsluitkultuur
uitsteek
uitstiek
uitvissing
uitvissingsboodskap
uitzonk
uitzoom
ukukhothana
ukungenwa
ukuthwala
ukuthwasa
umakoti
umami
umhupe
umngqusho
umqombothi
Umshini wami
uniekheidskoepon
UPS
URI
URL
USSD
v.C.
vader
vadoek
VAG
vaksinasieweieraar
Valiant
validisme
valsgatheid
vanielje
vanielje=
vaniella
vanilla=
variantland
vark