Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
vark s.nw. | varke |
UITDRUKKING(S):
♦ die vark in die verhaal die persoon wat (ten regte of ten onregte) ongewild is of die skuld vir iets kry: › Soms wil iemand hê dat die ander persoon die verhouding moet beëindig sodat hy of sy nie soos die vark in die verhaal lyk nie (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 4 November 2022). › Dit is tog vreemd dat iemand wat oor ’n hond kla in die meeste gevalle die vark in die verhaal word. Ek glo daar is honde-eienaars wat nie intellektueel opgewasse is om ’n hond te kan aanhou nie (Die Burger, 24 September 2022). › China het skielik die vark in die verhaal van die trae wêreldekonomie geword (Huisgenoot, 28 Januarie 2016). ◌ ENGELS: the pig in the tale
umami
umhupe
umngqusho
umqombothi
Umshini wami
uniekheidskoepon
UPS
URI
URL
USSD
v.C.
vader
vadoek
VAG
vaksinasieweieraar
Valiant
validisme
valsgatheid
vanielje
vanielje=
vaniella
vanilla=
variantland
vark
varkoor
vas
vasmang
vatbom
vatvyf
veelal
veeltaakverrigting
vegan
veganis
veganiskaas
veganisme
veganisties
veiligheid
veksilologie
veld-a-a
velhonger
velkrapper
velpiksteuring
velpikversteuring
vensterperiode
verbarbie
verbeel
verbloeming