Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
uitvissing s.nw. [geen meervoud] (rekenaar, internet) situasie waarin ’n bedrieër in ’n e-pos, SMS of foonoproep, hom/haar as ’n amptenaar van bank of ander diensverskaffer voordoen en van niksvermoedende slagoffers vertroulike inligting, soos aanmeldbesonderhede, PIN-nommers en dies meer probeer bekom
› e-posuitvissing ◌ ENGELS: phishing
› SMS-uitvissing ◌ ENGELS: SMS phishing | smishing
› stemuitvissing ◌ ENGELS: vishing
samestelling(s):
uitvissingsaanval: › G. sê wanneer mense van die huis af werk, is hulle selfs meer kwesbaar vir uitvissingsaanvalle en wanware (finweek, 24 Mei 2020).
uitvissings-e-pos: › Volgens die plaaslike sekerheidsmaatskappy wat e-posstelsels probeer beveilig, het die aantal uitvissing-e-posse tussen Januarie en Maart met meer as 600% toegeneem (Petrus Malherbe, Netwerk24, 2 September 2020).
uitvissingsveldtog: › Die gewildste maniere om slagoffers se netwerke met losprysware te infekteer, is uitvissingsveldtogte (phishing) per e-pos, die uitbuit van tekortkominge in die protokol vir afgeleë (remote) gebruikers, en skuiwergate in sagteware (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 24 September 2021).
KYK OOK: uitvissingsboodskap
tweefasemagtiging
tweepotstelsel
tweestapverifikasie
twiet
Twitterstorm
Twittertirade
Twittertrol
Twitterviroloog
tydbespaarder
tydmiljoenêr
tydsverloopvideo
über-
ubukunzi
UCAV
ugli
uit
uitfigure
uitgefees
uitgezoom
uitmis
uitsluitkultuur
uitsteek
uitstiek
uitvissing
uitvissingsboodskap
uitzonk
uitzoom
ukukhothana
ukungenwa
ukuthwala
ukuthwasa
umakoti
umami
umhupe
umngqusho
umqombothi
Umshini wami
uniekheidskoepon
UPS
URI
URL
USSD
v.C.
vader
vadoek
VAG
vaksinasieweieraar