Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 22 Maart 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

ukuthwala s.nw. [geen meervoud] (Xhosa) tradisionele gebruik van ’n meisie of jong vrou te ontvoer om met haar te trou: P. Madokwe en P. Mbanjwa het voorgestel dat tradisionele praktyke soos ukuthwala (gedwonge huwelike), ukungenwa (waar ’n weduwee gedwing word om met haar oorlede man se familielede te trou), en selfs waar kliënte weier om sekswerkers vir hul dienste te betaal, ook as seksuele oortredings in die wetsontwerp geklassifiseer moet word (Llwellyn Prince, Netwerk24, 10 November 2020). [Die] staatsaanklaer het aangevoer dat die slagoffer, ’n 14-jarige meisie, in Desember 2011 van Mount Fletcher in die Oos-Kaap naby die Lesotho-grens na Kaapstad “verhandel” is. Dit word in die Xhosa-kultuur ukuthwala genoem wanneer ’n jong vrou aan ’n man verhandel word om te trou (Jana Breytenbach, Netwerk24, 24 Junie 2020). Ukuthwala is ’n oeroue tradisie wat behels dat ’n meisie ontvoer word om ’n bruid te wees. Dit word met haar toestemming gedoen, soms ook om die bruidegom die betaling ’n stewige prys vir ’n bruid te spaar. Niks is gefinaliseer totdat sekere rituele uitgevoer is nie. Nietemin het die departement van maatskaplike ontwikkeling ’n ontstellende neiging opgelet waar weerlose meisies uit ’n arm agtergrond ontvoer word vir die uitsluitlike doel om seks te voorsien en huishoudelike pligte vir ouer mans uit te voer (Netwerk24, 15 September 2017).
ENGELS: ukuthwala


KYK OOK: thwala


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther