Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
vatbom s.nw. | vatbomme | (tuisgemaakte) bom wat bestaan uit ’n gassilinder wat met springstof gevul is: › Nog skrikwekkender as outomatiese geweervuur uit die lug is die sogenaamde vatbomme [...] Willem Els, plofstof-deskundige en navorser by die Instituut vir Sekerheidstudies, sê dié soort bomme word steeds in die oorlog in Sirië gebruik om verskrikking te saai. ’n Springdoppie en veiligheidslont beheer die ploflading in die silinders.
“Die hoogte van die helikopter bepaal hoe lank die lont moet wees. As hulle redelik laag is, dan moet die lont ook dienooreenkomstig korter wees, wat dit bitter gevaarlik vir die manne in die chopper maak ... Daai lont brand so tussen 99 en 121 sekondes aan ’n meter” (Erika Gibson, Vrye Weekblad, 5 Maart 2021). ◌ ENGELS: barrel bomb
Umshini wami
uniekheidskoepon
UPS
URI
URL
USSD
v.C.
vader
vadoek
VAG
vaksinasieweieraar
Valiant
validisme
valsgatheid
vanielje
vanielje=
vaniella
vanilla=
variantland
vark
varkoor
vas
vasmang
vatbom
vatvyf
veelal
veeltaakverrigting
vegan
veganis
veganiskaas
veganisme
veganisties
veiligheid
veksilologie
veld-a-a
velhonger
velkrapper
velpiksteuring
velpikversteuring
vensterperiode
verbarbie
verbeel
verbloeming
verbruikerisme
verby
verdedigend
verdom