Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 20 Junie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

Die geheim van ’n raak naam

Daar is mense wat woordeboeke lees vir afleiding. Goed, maar dis verbasend dat daar nie meer is nie, want in woordeboeke staan die mees onverwagte dinge. Boonop raak jy, as jy genoeg woordeboeke lees, heeltemal genees van die gedagte dat jy jou eie taal goed ken.

Kyk nou maar na stapelgek. Stapels is dooie goed op mekaar gepak. Hoe pas gek daarby? Die woordeboek sê hy pas, want stapel is ’n kriek. En ’n kriek is ’n malkop vent, spreekwoordelik bekend om sy sorgeloosheid. Die mier versamel in die somer kos vir die lang winter wat kom, maar die kriek doen niks anders as sing nie. Hy is ’n troebadoer wat soos party van ons liedjiemakers ander werk laat staan het om vry te wees om liedjies voor te dra.

Wrik ken ons buite die woordeboek nie meer nie, behalwe in die afgeleide vorm onwrikbaar ’n groot woord in die politiek, waar mense onwrikbaar by hulle leiers en beginsels staan. (So sê hulle altyd.) Dit is baie vas, want wrik kry jy by ’n ingeplante paal of ingeslane spyker wat jy versigtig heen en weer moet beweeg om hom los te kry.

Kom jy by ons tronkvoëls, sal hulle rede hê om verbaas te staan oor die onskuldige begin van tronk. Dit was ’n gewone boomstam of stomp, Engels trunk. Van sulke stompe is voetblokke gemaak waarin gevangenes vir hul straf vasgeknel is. Die tronk was toe eers die plek waar die voetblokke of tronke gehou is, later die plek waar die gevangenes gehou is. Dié woord leer ons iets van naamgewing. Die voetblokke was maar één van die kenmerke van sulke plekke en seker ook nie die vernaamste nie. Die vernaamste is dat mense daar in hegtenis gehou is met algehele verlies van hul vryheid. Maar die taal vra nie wat ’n plek se betekenis is of wat sy vernaamste kenmerk is wanneer hy wil naam gee nie.

Die naam word dikwels gekoppel aan ’n ondergeskikte eienskap. By Lusikisiki is dit die fluitgeluid wat die riete langs die water maak. Daaroor sal nooit twee volke met mekaar oorlog maak nie. En kyk na ’n naam soos slagyster. Hy is ’n verkeerde naam, want dit is nie een stuk yster nie dis ’n hele konstruksie met kake en tande en ’n veer en skarniere maar alles word misgekyk en hy word slag- ... genoem omdat sy kake dramaties toeklap.

So is name wat spontaan verskyn, maar baie van die Afrikaanse name wat by lessenaars ontstaan, is so omslagtig omdat die naam die werk van ’n hele definisie moet doen.

Sekretaresse. Terwyl ons nou daar is: Wat sou die naam wees as dit alles moet sê wat sy is en doen. Die sekretaresse. Briewe skryf, afsprake reël, plek bespreek op die vliegtuig, briewe en dokumente liasseer, uitnodiginge uitstuur van dit alles sê die naam niks, die naam sê net dat sy vertroulike sake vertroulik moet hou (secret(arius) in Latyn), asof sy net geheime bewaar. So lyk die geheim van ’n raak naam.

Johan Spies, Taalgereedskap, 21 Desember 1992 © Die Burger  

trefwoorde

woordeboek | stapelgek | wrik | etimologie | naamgewing | klanknabootsing | tronk | benoeming



Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Bolmakiesie van woke (LitNet)

Apeneutjies en katjiebotter vir die slimjanne (Netwerk24)

Gril jy jou ook dood vir ’n klamhandjie? (Netwerk24)

Sal jy die toets kan slaag om te wys jy is mens? (Netwerk24)

Alle konings is kêrels, maar nie alle kêrels konings nie (Netwerk24)

Dalk is die pyn in jou hande whatsappitis (Netwerk24)

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther