Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Moge ’t treffe!
Woorde word soms soos donshael gebruik. Sonder dat sekuur gemik word, word losgetrek in die gees van “moge ’t treffe”. En dan tref dit dalk glad niks nie. So ’n donshaelwoord is daarstel, wat verlede week bespreek is. Soos toe gesê is, word dit gereeld te pas en te onpas gebruik deur mense wat nie die bietjie moeite wil doen om na te dink oor wat hulle eintlik wil sê nie. Dit kan ook wees dat hulle reken daarstel is ’n deftiger woord as eenvoudige, goeie Afrikaanse woorde, soos stig en skep.
Daar is meer sulke woorde. Een wat in die laaste tyd besonder vinnig opgang gemaak het, is fasiliteer, waarvan die selfstandige naamwoord fasiliteerder gemaak word. Dié woorde staan nog nie in die woordeboeke wat ek geraadpleeg het nie.
Fasiliteer is klaarblyklik ’n verafrikaansing van “facilitate”, wat maar net beteken om iets te vergemaklik. In daardie sin het ons dié ingevoerde woord glad nie nodig nie. Maar nou word dit ingespan waar dit gaan om handelinge wat eintlik nie met vergemakliking te doen het nie.
Presies waaroor mense dit het wanneer hulle die woorde gebruik, is nie altyd so maklik om uit te maak nie. Dit lyk soms selfs of hulle self nie weet wat hulle daarmee bedoel nie, en dit soos donshael gebruik in die hoop dat dit darem op ’n manier iets sal weergee van wat hulle agter in die kop het. Of dalk omdat dit ook vir hulle na ’n vername woord klink. In die laaste tyd het ’n mens meermale verneem van mense wat optree as fasiliteerders van samesprekinge, konferensies of wat ook al. Vir sover ’n mens kon uitmaak, was hulle niks anders as sameroepers of organiseerders van die byeenkomste nie.
Moontlik is die woord ingespan omdat struikelblokke te bowe gekom moes word of botsende belange met mekaar versoen moes word. Dan sou gesê kon geword het dat hulle ook as bemiddelaars opgetree het, maar wesenlik het hulle sameroepers of organiseerders gebly. Sulke mense moet dikwels ook maar bemiddelend optree; ons het fasiliteerders dus nie regtig nodig nie.
Nadat die woord eenmaal in daardie sin gebruik is, het ander mense dit gegryp en in heeltemal ander sin begin gebruik. Onlangs is in ’n koerantberig van ’n fasiliteerder gewaag waar dit klaarblyklik om ’n tussenganger gegaan het. Daar is ook al gesê dat ’n insamelingsveldtog gefasiliteer moet word in plaas van georganiseer of gereël. So word die woord verbrei.
Telkemale wanneer dit in nóg ’n sin gebruik word, word dit minder presies, sodat dit al hoe moeiliker word om uit te maak wat daarmee bedoel word. En telkemale word bestaande Afrikaanse woorde waarmee ’n mens kan sê presies wat jy bedoel, verder op die agtergrond gedruk. Dit is die vernaamste beswaar teen sulke donshaelwoorde, veral die ingevoerdes.
J.J.J. Scholtz, Taalgereedskap, 28 Oktober 1991 © Die Burger, Netwerk24
trefwoorde
Engels | verafrikaansing
fooi
Gesukkel met name
Hoe werk die Taalkommissie?
Hoekom sprinkaan?
huh en uh-huh
huidiglik
hulpmiddele by skryf
Idiome wys taalvaardigheid
ingevoerde woorde
Is Afrikaans jonk?
kaplaks
kerfstok
kiri slam en iesegrimmig
Komma as desimale skeier
kort name
lankmoedig en verdraagsaam
Lexikos
loop en stap
meerkat
Mense laat hul voorsê
met iets deel
metonimie
Moenie ’n schmuck wees nie
Moge ’t treffe
nie
Nie net vir koppel nie
Nuwe taalreëls
Ontgroende word oorlams
Ontlening boei
Paps en Mams
plekhouers en stopwoorde
Probleme berispe
Raak naamgewing
Retro-taal, waarom nie?
riemspring en streepsuiker
Rododendron of viooltjie?
saam (met)
Sê en meen is twee
See-erfenis in idiome
sien
Sinne met so
Slegte ruil
snel groeiende
Spelkeuses is taaldemokrasie
Standaardtaal in die kollig
stappe doen of neem?
Taal is baas