Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Kort name
Kort name leef langer as langes. Daarom het ons al die Kose vir Jacobus, en Phil en Giel en Sas en Ina en ander vir langer vorme.
’n Lang naam is nie ’n grap nie. Die lengte was een van die redes waarom name afgekeur is deur die kommissie wat oor ons binnelandse plekname moes besluit. Lelike kêrels was name soos Groot-Visrivier-kampeerplek, Lyttelton Industrial Township, Rand Leases Residential Township. Hoe kry ’n mens sulke ertstreinlengtes op stasienaamborde en stempels van die poswese? En in die opskrifte van koerante? Antwoord: Groter en duurder borde wat in almal se pad is of kleiner letters wat niemand kan lees nie.
Mense met lang name het weinig kans dat plekke na hulle genoem sal word. Ek kry hulle jammer. Wie het al gehoor van ’n Van der Westhuizen-fontein of -burg of -rus? Hulle sê my die mense van Riviersonderend praat nie anders nie as van (kort) Rivier
Johan Spies, Ons Taalgereedskap, 18 Junie 1991 © Die Burger, Media24
trefwoorde
naamgewing
Bologne tot Benoni
bywoord
DBAT
Deftig wees
Dialektiese variasies
Die tyd is nou
diernaam
dit wat
Één een
fooi
Gesukkel met name
Hoe werk die Taalkommissie?
Hoekom sprinkaan?
huh en uh-huh
huidiglik
hulpmiddele by skryf
Idiome wys taalvaardigheid
ingevoerde woorde
Is Afrikaans jonk?
kaplaks
kerfstok
kiri slam en iesegrimmig
Komma as desimale skeier
kort name
lankmoedig en verdraagsaam
Lexikos
loop en stap
meerkat
Mense laat hul voorsê
met iets deel
metonimie
Moenie ’n schmuck wees nie
Moge ’t treffe
nie
Nie net vir koppel nie
Nuwe taalreëls
Ontgroende word oorlams
Ontlening boei
Paps en Mams
plekhouers en stopwoorde
Probleme berispe
Raak naamgewing
Retro-taal, waarom nie?
riemspring en streepsuiker
Rododendron of viooltjie?
saam (met)
Sê en meen is twee