Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Nie kyk waar jy hom neersit nie
Ons tweede nie is ’n ding wat nie daar moet wees nie, want een nie sê reeds wat gesê moet word. Maar hy is daar omdat die grote gros van die sprekers hom daar wil hê. En met die grote gros redeneer jy nie nie in taalsake nie, soos al hierdie nies bewys.
Maar ons kan ons darem aanmatig om te sê: Goed dan, laat die nie hom oorwerk, maar laat hy dit netjies en elegant doen. Dit gebeur nie altyd nie.
Nou die dag sê ’n rooskweker bv. in die koerant: “Dit word aanbeveel om rose in ’n bedding en nie in afsonderlike gate te plant nie.” Met die tweede nie so naby plant lyk dit of die beswaar teen die plant is, terwyl dit teen die afsonderlike gate is. Duideliker taal is: “Dit word aanbeveel om rose in ’n bedding te plant (dié woord nou verskuif) en nie in
afsonderlike gate nie.”
Dis ’n aansienlike verbetering.
Weerspreking
Soms is ons taamlik opgeskeep met ons nie. Die koerant sê bv.: “Daar sal nooit vrede wees voor hierdie beginsel nie toegepas word nie.”
Wanneer kom die vrede dan? Wanneer die beginsel toegepas word. Maar bo staan nou wanneer “die beginsel nie toegepas word nie”.
U vra of dit dan so belangrik is om te weet waar die nie-tigheid staan.
Ja, dit is, want as hy nie reg staan nie, kan die ma die inrigting sonder die baba verlaat.
Soms net een
Nog iets moet gesê word. Dis dat daar nie altyd twee nies moet wees nie, of altyd een na geen, niks, niemand en ander dergelike ontkenningswoorde. Ons sê “geen nuus is goeie nuus”, sonder nie (en sonder klagte). Ons sê ook “geen van beide”, “een is geen”, “hy was toe ’n man van g’n 30 jaar” (hier sal ’n nie baie ontuis staan).
“Sal jy dagga rook?”
“Nooit!” Beslis sonder nie, wat nooit se krag sou verswak.
Nie altyd
Maar moet nou nie sê dat daar nooit ’n nie na hierdie woorde staan nie. Die meeste wat ons kan sê, is dat hy nie altyd daar is nie. In baie gevalle het die spreker die keuse. Die Tweetalige Woordeboek gee “niemand minder as hy (nie)” met nie na smaak,
soos die koekbakkers sê.
Aan die ander kant het HAT “ ’n vent van niks” en “vir niks” los van die skrywer se smaak en sonder nie, elke keer.
Nie iemand
Niemand is gelyk aan nie iemand, maar die twee is nie altyd
uitruilbaar nie. Jy kan sê: “Klop daar nie iemand nie?” maar dis spooktaal om te sê: “Klop daar niemand nie?”, want niemand kan nie klop nie.
Terug by die baba bo. As jy sê “nie een van die twee (babas) gaan saam nie”, vertrek die ma leeghand; sê jy “een van die twee gaan nie saam nie”, sal die ma tuis kom met iets om te wys.
Almal is nie
“Nie alle spelers is atlete nie” is logies duidelike taal.
Maar ons sê dit nie. Afrikaanspraters sê meestal: “alle spelers is nie atlete nie”. Om te begin met “nie alle” klink vir hulle aanstellerig.
Johan Spies, Taalgereedskap, 27 Julie 1992 © Die Burger, Media24
trefwoorde
ontkenning | ontkenningswoord | ontkennende vorm
Gesukkel met name
Hoe werk die Taalkommissie?
Hoekom sprinkaan?
huh en uh-huh
huidiglik
hulpmiddele by skryf
Idiome wys taalvaardigheid
ingevoerde woorde
Is Afrikaans jonk?
kaplaks
kerfstok
kiri slam en iesegrimmig
Komma as desimale skeier
kort name
lankmoedig en verdraagsaam
Lexikos
loop en stap
meerkat
Mense laat hul voorsê
met iets deel
metonimie
Moenie ’n schmuck wees nie
Moge ’t treffe
nie
Nie net vir koppel nie
Nuwe taalreëls
Ontgroende word oorlams
Ontlening boei
Paps en Mams
plekhouers en stopwoorde
Probleme berispe
Raak naamgewing
Retro-taal, waarom nie?
riemspring en streepsuiker
Rododendron of viooltjie?
saam (met)
Sê en meen is twee
See-erfenis in idiome
sien
Sinne met so
Slegte ruil
snel groeiende
Spelkeuses is taaldemokrasie
Standaardtaal in die kollig
stappe doen of neem?
Taal is baas
taboewoord