Bygewerk op 2 Julie 2022
Redakteur: Jana Luther
Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat elders in die slag gebly het – intyds in die Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Dankie, almal wat aan ons leesprogram deelneem!
pareidolie s.nw. [geen meervoud] soort illusie waarby iemand iets waarneem, en dan skielik, in dit wat waargeneem word, ’n ander voorwerp, patroon of betekenis sien of hoor, soos wanneer ’n mens na ’n wolk of ’n rotsformasie kyk en die vorm daarvan jou aan ’n gesig of ’n ander voorwerp laat dink, of wanneer ’n mens iets hoor en die geluid jou aan ’n ander geluid herinner: › Dis heeltemal moontlik om boodskappe te hoor waar daar nie is nie. Die verskynsel het ’n fênsie naam: pareidolie, wat Wikipedia definieer as “ ’n sielkundige fenomeen waarin die brein op ’n stimulus reageer, gewoonlik ’n beeld of klank, deur ’n bekende patroon waar te neem waar daar nie een is nie. Op dieselfde manier sien ons gesigte in wolke, rotse of op Mars. En dis presies waar die man in die maan vandaan kom (André le Roux, Rapport, 4 November 2018). › In die skildery met ’n kopbeen ontdek die spreker ’n andersoortige lig. Vir haar is dit ’n “studie in verbleiking”, en “in die gewelwe van die skedelslaap” herken sy die kunstenaar se selfportret. Sy wil van hom weet of dit opsetlik was, of per ongeluk, of slegs haar pareidolie – die verskynsel waar ’n bekende beeld of patroon in ’n lewelose objek waargeneem word (Zandra Bezuidenhout, Rapport, 14 Januarie 2018). ◌ ENGELS: pareidolia
oorsprong:
Van Grieks para saam, by, naby + eidolon beeld.
ovo-lakto-vegetariër
OWO
paan
paartie
paddabeentjie
padlangs
pak-choi
paksoi
palmleser
palmplak
pandemikus
panglossiaans
paniekinkope
paniekinkopies
pannekoek=
pannekoekmens
panseksualiteit
panseksueel
panslaner
pantoniem
pap
papegaaislaai
papmasjien
pareidolie
parrabeen
parrabeentjie
partjies
partner
partytjie
pasiënt
pasmaat-app
patatvatter
p-boek
PBT
PCS
pedi
pediatries
pepino
peppa
perioperatief
pers
persoon
pesketariër
pesketarisme
pestemal
phishing
phola