Bygewerk op 12 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther
Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat elders in die slag gebly het – intyds in die Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Dankie, almal wat aan ons leesprogram deelneem!
oppervlakweb s.nw. [geen meervoud] (rekenaar, internet) die internet: › Daar is ’n magdom inligting oor die donker web op die oppervlakweb te vind, waarby ’n mens liefs moet volstaan. Jy wil nie in daardie donker vreesaanjaende hole navigeer nie (Fanie Viljoen, Netwerk24, 17 Junie 2020). › Die oppervlakweb is basies die internet soos die meeste van ons dit ken en gebruik. Enigiets wat opduik in ’n soektog deur Google of Bing of ’n ander soekenjin is deel van die oppervlakweb. Die betrokke inligting word normaalweg iewers op ’n databasis geberg, en ’n gewone swerfprogram soos Chrome, Edge of Firefox kan gebruik word om daarby uit te kom sonder dat spesiale magtiging of wagwoorde nodig is (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 17 Julie 2020). ◌ TEENOOR: diep web | donker web ◌ ENGELS: surface web
KYK OOK: web
omikron
omkyktwak
ondernemingsredding
ongeleide missiel
ongeleide projektiel
onthaasting
ontie
ontlaer
ontrommel
ontsmettingstonnel
ontsnapspel
ontwerpersbaba
ontwerpershond
ontwikkelingstaat
oor-die-toonbank-
oorgang
oormaatsterftes
oorwurm
opeindig
opgetrek
opgie
oplaaispoed
Opod
oppervlakweb
oppie
oppotskaamte
opsikleer
opsitwerf
opskiet=
opskietwinkel
opslaanwinkel
opsmêsh
opsmêsj
opsnol
optjommie
opwentel
opwipkanaal
opwipwinkel
oranje
orgaanroof
organoïed
orka
ortofemisme
ôs
oshana
OSMR
ôsse