Bygewerk op 12 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther
Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat elders in die slag gebly het – intyds in die Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Dankie, almal wat aan ons leesprogram deelneem!
orka s.nw. | orkas | roofsugtige tandwalvis (Orcinus orca of Grampus orca), grootste verteenwoordiger van die familie dolfyne, wat tot 10 meter lank word, met ’n rugvin wat aan ’n swaard laat dink: › In die somer beweeg die haaie nader aan die kus om prooi soos geelstert te jag. Daarom het Kaapstad dan meer haaivoorvalle. Wel, dit was totdat die ultra-seeroofdier, die moordvis (orka), in groot getalle in die gebied begin nesskop het (Steve Pike, Die Burger, 12 Julie 2019). › Orkas is gespesialiseerde jagters en pas aan by hulle omgewing (Carla Coetzee, Netwerk24, 21 Mei 2019). › Moordwalvis is onnodig omslagtig. Veral ’n lymtaal soos Afrikaans, waarin woorde dikwels gevorm word deur nuwe begrippe aan bestaande woorde vas te plak, behoort moeite te doen om sy kernwoorde kort te hou. Waar ekstra bondigheid nodig is, kan ook die mooi woord orka vir moordvis oorweeg word (Leon Rousseau, Die Burger, 21 Maart 2014). ◌ SINONIEM(E): swaardwalvis | (ongunstig) moordvis | (ongunstig) moordwalvis | stormvis ◌ ENGELS: orca
opeindig
opgetrek
opgie
oplaaispoed
Opod
oppervlakweb
oppie
oppotskaamte
opsikleer
opsitwerf
opskiet=
opskietwinkel
opslaanwinkel
opsmêsh
opsmêsj
opsnol
optjommie
opwentel
opwipkanaal
opwipwinkel
oranje
orgaanroof
organoïed
orka
ortofemisme
ôs
oshana
OSMR
ôsse
OSW
OTP
ouboeja
ouderdomsdiskriminasie
oudiobiblioteek
oudioblog
oudioblogger
oudioteek
oumagroot
oupagroot
ouskool
Outa
outismespektrum
outjie
outokefaal
outokefalie
outosefaal
outosefalie