Bygewerk op 14 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van rubriekinsetsels, beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels gewys, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

samesweringsteorie s.nw. | samesweringsteorieë | idee dat ’n slegte situasie, of iets slegs wat gebeur, die gevolg van ’n geheime plan is wat deur ’n magtige persoon of groep uitgevoer word: In ’n diep verdeelde land het leuens, samesweringsteorieë, verdagmakery en persoonlike aanvalle alledaags geword (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 30 Julie 2021). Samesweringsteorieë is so eie aan Afrikaners as aan elke ander liggelowige pioniersgemeenskap. Dit is skynbaar die enkele narratief wat nie deur goeie skolastiese ervaring ondermyn word nie (Piet Croucamp, Vrye weekblad, 21 Mei 2021 ). Die probleem met [sosiale media-]platforms is dat dit broeiplekke is vir samesweringsteorieë. Die Plat Aarde-beweging se gewildheid het ongelooflik toegeneem vir ’n teorie wat dag ná dag onwaar verklaar word. Omdat so baie mense egter dié beweging op sosiale media volg, sal die teorie nooit uitsterf nie (Daniel Cilliers, Die Burger, 20 Augustus 2020).ENGELS: conspiracy theory

  Muggiesifters sien waaierore agter elke bult (Netwerk24) | Afrikaans is ’n ding wat spring (Vrye Weekblad) | Oral op drade sit kraaie, ook in oondstede (Netwerk24)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nie aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n eie inisiatief van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther