Bygewerk op 14 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van rubriekinsetsels, beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels gewys, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

sakeredding s.nw. | sakereddings | (ekonomie, handel) ondernemingsredding: Die vakbond ... het ’n hofaansoek gebring dat [die lugdiens] ingevolge die Maatskappywet in sakeredding geplaas word (Vrye Weekblad, 6 Desember 2019). Volgens die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) is meer as 3 200 Suid-Afrikaanse maatskappye in sakeredding geplaas sedert 2011 toe die proses ingevolge die Maatskappywet tot stand gekom het (Vrye Weekblad, 6 Desember 2019). Sakeredding is ’n manier om die rehabilitasie van ’n maatskappy wat onder finansiële druk is te bewerkstellig deur tydelike toesig oor die maatskappy te verskaf en ’n tydelike moratorium te plaas op die regte van eisers teen die maatskappy (Nellie Brand-Jonker, Netwerk24, 31 Oktober 2019). Die kommissie vir maatskappye en intellektuele eiendom (CIPC) hou nie daarvan dat die klem met sakereddings geplaas word op ’n beter opbrengs vir aandeelhouers pleks van poste en die maatskappy sélf wat gered moet word nie (Nellie Brand-Jonker, Netwerk24, 15 April 2015).ENGELS: business rescue

samestellings:
sakeredder: S.S., sakeredder … wat aangestel is om die sakeredding van [die onderneming] te behartig, het Maandag bevestig dat die nuutste plan op Vrydag 31 Mei aan krediteure voorgelê is (Elvira Wood, Netwerk24, 4 Junie 2019).


  Muggiesifters sien waaierore agter elke bult (Netwerk24) | Afrikaans is ’n ding wat spring (Vrye Weekblad) | Oral op drade sit kraaie, ook in oondstede (Netwerk24)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nie aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n eie inisiatief van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther