Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
neksus s.nw. | neksusse | aansluiting/verbinding/konneksie of ’n netwerk van aansluitings/verbindings/konneksies tussen ’n aantal mense, dinge of idees: › Sel-sel-kommunikasie word moontlik gemaak deur neksushegtingkomplekse. Neksusse of die gapingshegtingstipe laat vinnige kommunikasie vir gekoördineerde reaksies toe (histoweb.co.za). › Ingevolge die water-energie-voedsel-neksus word daar in die konteks van waterbestuur aandag gegee aan veranderings wat plaasvind wanneer water, energie en voedsel in ’n geïntegreerde konteks bestuur word (Johann Tempelhoff, Netwerk24, 13 Maart 2018). › Volgens die verslag is dit die neksus van seksisme en ouderdomsdiskriminasie wat ouer vroue uit die werkmag verdryf, onder meer omdat voorkoms vir vroue belangriker geag word as vir mans (Annelize Visser, Vrye Weekblad, 7 Junie 2019).
◌ ENGELS: nexus
mx
my se
Mzansi
n.C.
naamgewing
naamsmiskenning
nabyheidsleer
NAD
namibifiseer
nanomateriaal
nanosatelliet
nargileh
narrie
nataal
natalis
natalisme
natalisties
natuuramnesie
nawete
NDOV
Necsa
Nedlac
neerslet
neksus
nemma
neologie
neoviralisme
Nersa
nestor
net
neurogiditeit
neurografies
neurokognisie
neurokognitief
neurolinguistiek
neuroplastisiteit
neusopslag
neweskade
NFC
NFHS
NFT
NGLD
NGV
NHLS
nie
niebinêr
niekies