Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
oksimeter s.nw. | oksimeters | (geneeskunde) mediese instrument waarmee daar, deur die apparaat aan ’n vinger of oorlel vas te knyp, gemeet word hoeveel suurstof daar in ’n pasiënt se bloed is: › Suurstofvlakke kan met ’n oksimeter getoets word en dié is wyd beskikbaar (Vrye Weekblad, 15 Januarie 2021). › Die suurstofversadiging in ’n mens se bloed moet minstens 95% wees. ’n Oksimeter, wat byna soos ’n groot wasgoedpennetjie lyk wat aan ’n mens se wysvinger vasgeklem word, meet dié vlakke indirek. Die direkte meting word gedoen deur ’n bloedmonster te neem (Elsabé Brits, Vrye Weekblad, 8 Mei 2020). ◌ SINONIEM(E): pols-oksimeter ◌ ENGELS: oximeter
nywerheidsomwenteling
nywerheidsrevolusie
objekseksualiteit
objekseksueel
objektofiel
objektofilie
objektum-seksualiteit
objektum-seksueel
OBK
OBSA
ODF
ODT
OECD
oek
oemf
oemie
oepsie
oesmaan
Oeso
Ôfrikôôns
oggendmens
okkapyp
Okosa
oksimeter
oktobas
olielap
olifant
OLV
OMB-
omgewingsaktivis
omgewingsangs
omgewingsmoord
omgewingstres
omicron
omikron
omkyktwak
ondernemingsredding
onderwatertuig
ongeleide missiel
ongeleide projektiel
ongevuur
onsinverklikker
onthaasting
ontie
ontlaer
ontmeng
ontrommel