Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
okkapyp s.nw. | okkapype | (Suid-Afrika) apparaat vir die rook van gegeurde tabak wat bestaan uit ’n houer vir die rookgoed, ’n metaalskag wat van die tabakhouer loop tot in ’n houer van glas wat met water (of soms alkohol) gevul word, en ’n buigsame pyp met ’n mondstuk waardeur die rook ingesuig word: › In die sak was sy okkapyp en ons het niks daarvan gedink nie (Kuier, 18 Augustus 2022). › Okkapype is allesbehalwe ’n nuwe gier. Hoewel niemand weet presies waar en wanneer die eerste okkapype hul opwagting gemaak het nie, is daar wel talle bewyse dat die rook van hierdie waterpype al eeue gelede in verskillende wêrelddele vlamgevat het (Ilse Zietsman, Rapport, 6 September 2020). › Historici wys daarop dat ’n Persiese digter, Ahli Sjirazi, reeds omstreeks 1535 ’n kwatryn (’n vers met vier reëls) geskryf het waarin hy oor die rook van ’n okkapyp gedig het. Volgens dié geskiedkundiges het okkapype in Persië ontstaan en vandaar het die rookgewoonte na Indië oorgewaai (Ilse Zietsman, Rapport, 6 September 2020). › ’n Okkapyp bestaan uit verskillende onderdele: die glasfles of -vaas, pyp, klep, pakstuk (gasket), metaalsteel, metaalplaat, kleibakkie (wat amper soos ’n wye eierkelkie lyk) en soms ’n windskerm. Die silikoonrubberpyp waardeur gerook word, is donkiejare gelede uit leer en draad geprakseer. Koper en brons word nie meer vir die vervaardiging van metaalstele gebruik nie; vlekvryestaal en aluminium het dit vervang. Die ronde metaalplaatjie vang die assies van die kole op (Ilse Zietsman, Rapport, 6 September 2020). › Verskillende lande het verskillende benamings vir okkapype. › Party historici glo dat tradisionele daggapype die Afrika-ekwivalent van okkapype is (Ilse Zietsman, Rapport, 6 September 2020). › Ouers met wie Kuier gepraat het, sê hulle het glad nie gehou van die idee van hul kinders wat okkapyp rook nie, maar het dit in hul huise toegelaat omdat hulle dan verseker kon wees dat ander dinge soos dagga nie bygevoeg sal word nie (Elmarine Anthony, Kuier, 6 Augustus 2018). ◌ SINONIEM(E): hookah | nargileh | sjisja | shisha | waterpyp ◌ ENGELS: hubbly bubbly | waterpipe
samestelling(s):
okkapyprook: › Die gesondheidsrisiko’s van okkapyprook is al in verskeie internasionele studies bevestig (Kuier, 6 Augustus 2018).
okkapyproker: › Okkapyprokers stel hulself bloot aan verskeie gifstowwe, volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) (Kuier, 6 Augustus 2018).
nwata
nyaope
nywerheidsomwenteling
nywerheidsrevolusie
objekseksualiteit
objekseksueel
objektofiel
objektofilie
objektum-seksualiteit
objektum-seksueel
OBK
OBSA
ODF
ODT
OECD
oek
oemf
oemie
oepsie
oesmaan
Oeso
Ôfrikôôns
oggendmens
okkapyp
Okosa
oksimeter
oktobas
olielap
olifant
OLV
OMB-
omgewingsaktivis
omgewingsangs
omgewingsmoord
omgewingstres
omicron
omikron
omkyktwak
ondernemingsredding
onderwatertuig
ongeleide missiel
ongeleide projektiel
ongevuur
onsinverklikker
onthaasting
ontie
ontlaer