Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
onsinverklikker s.nw. | onsinverklikkers | [gewoonlik enkelvoud] (informeel) gesonde oordeel en verstand, wat gebruik word om tussen feit en fiksie, waarheid en verdigsel, en dergelike te onderskei: › Ons het almal ’n groot verantwoordelikheid om ons luistervaardighede só op te skerp dat ons die koring van die kaf kan skei wanneer ons video’s ontvang wat onsin versprei. Goeie luistervaardighede is ’n bate en ’n interne onsinverklikker ’n moet (Neels van Heerden, Weg, 29 Januarie 2021). › Besit mense nog onsinverklikkers en ’n skeptiese ingesteldheid? vra George Claassen na aanleiding van paranormale en bonatuurlike aansprake wat groot aftrek in die media kry (Die Burger, 12 November 2005). › Mense wat die werklikheid van ons bestaan eng wetenskaplik benader, se onsinverklikkers loei wanneer godsdiens ter sprake kom (Die Burger, 22 Desember 2005).
◌ SINONIEM(E): bogverklikker | twakverklikker | nonsens-antenna | nonsens-antenne | (via Engels, informeel, eufemisties) BS-radar
◌ ENGELS: baloney detector
Ôfrikôôns
oggendmens
okkapyp
Okosa
oksimeter
oktobas
olielap
olifant
oligargiseer
OLV
OMB-
omgewingsaktivis
omgewingsangs
omgewingsmoord
omgewingstres
omicron
omikron
omkyktwak
ondernemingsredding
onderwatertuig
ongeleide missiel
ongeleide projektiel
ongevuur
onsinverklikker
onthaasting
ontie
ontlaer
ontmeng
ontrommel
ontsmettingstonnel
ontsnapspel
ontwerpersbaba
ontwerpershond
ontwikkelingstaat
oondstad
oorbruggingstaal
oor-die-toonbank-
oorgang
oormaatsterftes
oorspanningsafleier
oorwurm
opeindig
opgetrek
opgie
oplaaispoed
Opod
oppervlakweb