Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
teëspoedhumor s.nw. [geen meervoud] humor wat gekenmerk word deur spot met jou eie of iemand anders se teëspoed: › Die Afrikaner het baie swaar gekry in die verlede. Dit het hom ’n baie besliste soort humorsin laat ontwikkel. Hy lag vreeslik graag vir die Engelsman wat swaarkry en die Boer wat bo uitkom. Hy lag vir ’n dom ou wat ’n onnosel ding doen – hy is trouens baie bly om te hoor van mense wat dommer is as hy en swaarder kry as hy. Basies kom dit daarop neer dat hy ’n groot aanhanger is van die sogenaamde “teëspoedhumor”, soos dié in Jamie Uys se vroeëre rolprente (Huisgenoot, 14 April 1972).
takotsubo-kardiomiopatie
talassofiel
talmkos
tamale
tamboer
tameletjie
tanatofobie
tand
tandemvoeding
tangaar
tangara
tankini
TAO
tarrie
tatie
tatoe
tatsoi
taxi
TCK
teaterpolitiek
teaterprent
teenkorrupsiewaghond
teenspoliasie
teëspoedhumor
Teflon
Teflon=
Teflonmisdadiger
tefra
tegnofobie
tegnokraat
tegnokrasie
tegnokraties
tegnologie
tegnoreus
teksgenetika
teledildonika
telegeneeskunde
telematika
telemeter
telemetrie
telemetries
telenovelle
teleurgang
tendensontleding
tendensvoorspeller
tengersorg
tepel