Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
vuurstorm s.nw. | vuurstorms | (meteorologie) intense, vernietigende vuur, waarin sterk lugstrome uit die omringende omgewing na die vlamme aangetrek word, sodat dit nog hewiger brand: › Die brande in Australië is só wild en warm dat dit op plekke hul eie weer skep. Dit staan bekend as pirokonveksie. Omdat die brand soveel hitte, wind en momentum opbou, ontstaan ’n vuurstorm (Elsabé Brits, Netwerk24, 13 Januarie 2020). › Die mensdom het selde vantevore nog brande soos dié gesien, maar ons weet dat verterende vure al minstens een keer vantevore tot massauitwissings en die omvorming van lewe op aarde gelei het – toe die asteroïed die aarde getref het wat tot die ondergang van dinosourusse en dodelike vuurstorms wêreldwyd gelei het (Mike Lee, Netwerk24, 8 Januarie 2020). › Die geweld van sulke vuurstorms is onbeskryflik en ’n mens kan jou net probeer indink watter vrees en verskrikking die inwoners van die kusdorpe waar dit matelose vernietiging nagelaat het, moes ervaar het (Eikestadnuus, 21 Januarie 2019). ◊ (veral) vernietigende brand wat volg op ’n kern- of brandbomaanval, wat ’n kragtige stygwind opwek wat lug uit die omringende omgewing insuig. ◊ (ook figuurlik): › Die Europese integrasie kom neer op ’n pasifikasieproses wat in die vuurstorm van twee allesverwoestende wêreldoorloë ’n bittere noodsaaklikheid was (Leopold Scholtz, Netwerk24, 7 Maart 2019).
◌ ENGELS: firestorm
voortbestaansekerheid
voufoon
vourekenaar
voutablet
VPA
VPN
VR
VR-bril
vredesmaan
vriendasie
vroeëkinderjare-onderwys
vroeëkinderjare-ontwikkeling
vroetelvark
vroetelvergadering
vrotorrel
vrug
vrugte
vrugtegommetjie
Vrydag
vuisstamp
vuur 1
vuur 2
vuurpylwetenskap
vuurstorm
vuurwolk
VVV 1
VVV 2
vyeblaar
vyf
wa aleikoemoes salaam
waagkapitaal
waagkapitalis
waaieraartappels
waaierbraaier
waardeaandeel
waarheid
waarvandaan
WADA
wadde=
waentjiestormloop
wagsleutel
wakker
walg-
walkie-talkies
walskipper
walvismaan
waninligting