Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
waardeaandeel s.nw. | waardeaandele | (ekonomie) ongewilde aandeel in die mark wat teen ’n beduidende afslag op sy wesenlike waarde verhandel: › Die identifisering van ’n waardeaandeel wat ’n goeie beleggingsgeleentheid verteenwoordig, is potensieel lonend, maar ’n belegger behoort nie al sy geld op dié een kaart te verwed nie. Belegging vereis baie geduld, toewyding en ’n langtermyn-ingesteldheid, en die identifisering van sulke waardegeleenthede vereis dikwels baie tyd en fokus (Finweek, 29 Januarie 2015). › ’n Goeie beginpunt vir beleggers wat waardeaandele wil identifiseer, is om die belêbare omgewing volgens verskeie waardasiemaatstawwe te deursoek (Finweek, 29 Januarie 2015). › Tradisionele waardeaandele, dié met lae prys-verdienste- en prys-tot-boekwaarde-veelvoude, het in die algemeen swakker gevaar as aandele wat onder ander beleggingstyle geklassifiseer kon word (Finweek, 29 Januarie 2015).
◌ ENGELS: value share
vroeëkinderjare-ontwikkeling
vroetelvark
vroetelvergadering
vrotorrel
vrug
vrugte
vrugtegommetjie
Vrydag
vuisstamp
vuur 1
vuur 2
vuurpylwetenskap
vuurstorm
vuurwolk
VVV 1
VVV 2
vyeblaar
vyf
wa aleikoemoes salaam
waagkapitaal
waagkapitalis
waaieraartappels
waaierbraaier
waardeaandeel
waarheid
waarvandaan
WADA
wadde=
waentjiestormloop
wagsleutel
wakker
walg-
walkie-talkies
walskipper
walvismaan
waninligting
wankelkoers
wanware
waqt
wassie
waterkremasie
waterpaniek
waterpyp
watersommelier
waterstof
waterverassing
watsenaam