Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
zikavirus s.nw. [afkorting ZIKV] [gewoonlik enkelvoud, ook met ’n hoofletter] (patologie, geneeskunde)
1 soort flavivirus wat zikakoors veroorsaak: › Benewens dat hulle baie besig gaan wees, besoek hulle ook Tonga en Fidji, en die twee lande hou ’n matige risiko vir die zikavirus in, wat gevaarlik is vir swanger vroue en tot misvormde babas kan lei (Huisgenoot, 19 Oktober 2018). › Volgens die Sentrum vir Siektebeheer en Voorkoming (CDC) het Peru ’n lae risiko vir die Zika-virus. Die CDC meld dat muskiete wat gewoonlik die Zika-virus versprei, in tropiese gebiede onder 2 000 meter bo seespieël voorkom. Die kans dat muskiete dit op hoër seevlakke oordra, is skraal (Gerda Engelbrecht, Weg!, 15 Januarie 2019).
◌ ENGELS: Zika virus | ZIKV
2 zikakoors: › Muskiete is draers van dodelike siektes soos malaria, knokkelkoors, die zikavirus, limfatiese filariase en Wes-Nyl-koors. (Andrea Küsel, Netwerk24, 4 September 2017). → zikakoors
xeno-oorplanting
X-faktor
xhababrood
xheibie
xheimie
xhoerisen
xhoeroe
xhom
xhorro
xhoubroe
xhoulag
xoeroe
ys
ytstiek
yuppifikasie
zama
Zamalek
zama-zama
zef
Zefrikaans
zero
zika
zikakoors
zikavirus
zikr
ZIKV
zilch
zoedel
zoei
zolkoekie
zombifikasie
zombifiseer
Zoom
zoombie
Zoombom
Zoomer
zoomzombie
Zumaïet
zumba
zump
-a
Afkorting en volvorm
afslaer
Asterisk wys nagedagte
Bê, sê die bok
Benamings laat struikel
berus