Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
Zoombom s.nw. | Zoombomme | [ook met koppelteken] ontwrigting van ’n Zoomvergadering of -gesprek deur ’n stelselindringer wat ongenooid toegang tot die aanlyn sessie verkry en terwyl dit aan die gang is aan die deelnemers ontoepaslike en/of ontstellende inhoud vertoon: › Vasgevang in tydelike tuiskantore is die daaglikse stres van lang pendeltye en padwoede vervang deur die euwels van aanlyn trolle en Zoom-bomme (Finweek, 15 Mei 2020). › Zoombom: Dis wanneer iemand ’n Zoom-vergadering ongenooid crash – dikwels met pornografiese inhoud soos wat nou die dag met ons parlementslede gebeur het toe hul Zoom-sessie meteens stout geraak het (Erla-Mari Diedericks, Netwerk 24, 13 Mei 2020).
◌ ENGELS: Zoom bomb
’n Zoombom los deelnemers aan ’n Zoomgesprek onder ’n Zoombom laat deurloop.
◌ ENGELS: Zoombomb | Zoom raid
die los van Zoombomme
◌ ENGELS: Zoombombing | Zoom raiding
KYK OOK: Zoom
xoeroe
ys
ytstiek
yuppifikasie
zama
Zamalek
zama-zama
zef
Zefrikaans
zero
zika
zikakoors
zikavirus
zikr
ZIKV
zilch
zoedel
zoei
zolkoekie
zombifikasie
zombifiseer
Zoom
zoombie
Zoombom
Zoomer
zoomzombie
Zumaïet
zumba
zump
-a
Afkorting en volvorm
afslaer
Asterisk wys nagedagte
Bê, sê die bok
Benamings laat struikel
berus
Besluite neem of maak?
Betekenis vra konteks
betekenisverhoudings
Betekenisverruiming gee woema
boer en Boer
Bologne tot Benoni
bywoord
DBAT
Deftig wees
Dialektiese variasies
Die tyd is nou