Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
Tot lof van ons minnelike -a
’n Taal is nooit klaar gemaak nie. Voortdurend verdwyn ou woorde en wendinge en word nuwes in hul plek opgeneem. Dit het mense wat by die Afrikaners in Argentinië was, agtergekom. Hulle sê die mense daar verstaan Afrikaans nog as jy destyds se Afrikaans praat, maar as jy hedendaagse Afrikaans te vlot praat, kyk hulle jou bietjie onbegrypend aan.
Ek het dieselfde ervaar toe ek met kinders (dis kinders hier) van ’n poena praat, ’n woord wat ek as kind goed geken het. Vandag se kinders ken hom nie. Ons het gesê ’n bees sonder horings en ’n geweer met ’n kort gesaagde loop is ’n poena.
Die woord het in verskillende vorme verskyn, o.m. poenskop uit die onseker koe(n)skop (koeiskop, omdat baie vroulike soogdiere nie horings het nie).
Poena is toegepas op mense en dinge wat klein, kort en dik was.
As die woord eers koe(n)skop was, is die vraag waar die p (van poen-) en die a (van -na) vandaan kom. Daar is soveel raaiery oor die p dat ons hom liewer oorslaan.
Gelukkig weet ons van die -a meer. Hy word gebruik om van ’n gewone naam of aanspreekvorm ’n troetelnaam te maak: Tolla, Henta, kinta,
boeta, selfs sussa, harta.
Kempen het raakgesien dat die -a voorkom op plekke waar die verkleinings -ie kan staan: Hennie – Henna, Kallie – Kalla, Gerrie – Gerra.
Die gevoelswaarde van die -ie is volgens Kempen kleiner, kinderliker, van die -a vertrouliker, volwassener.
Nou is dit duidelik waar pappa en mamma met hul a’s vandaan kom.
Maar dan val dit op dat daar nie a-vorme van die omgang ontstaan het vir troetelvorme soos omie (oompie), tantetjie, oumatjie en oupatjie nie. Tanta, oumamma en oupappa kom taamlik seldsaam voor.
In Nederlands kom oma en opa voor, maar ek weet nie of dít die -a is waarvan ons praat nie. My woordeboeke sê net dis kindertaal.
Johan Spies, Taalgereedskap, 6 Julie 1992 © Die Burger, Media24
trefwoorde
aanspreekvorm | verkleining | kindertaal
zama-zama
zef
Zefrikaans
zero
zika
zikakoors
zikavirus
zikr
ZIKV
zilch
zoedel
zoei
zolkoekie
zombifikasie
zombifiseer
Zoom
zoombie
Zoombom
Zoomer
zoomzombie
Zumaïet
zumba
zump
-a
Afkorting en volvorm
afslaer
Asterisk wys nagedagte
Bê, sê die bok
Benamings laat struikel
berus
Besluite neem of maak?
Betekenis vra konteks
betekenisverhoudings
Betekenisverruiming gee woema
boer en Boer
Bologne tot Benoni
bywoord
DBAT
Deftig wees
Dialektiese variasies
Die tyd is nou
diernaam
dit wat
Één een
fooi
Gesukkel met name
Hoe werk die Taalkommissie?