Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 29 Maart 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

Betekenisverruiming gee ’n taal woema

Die invloed van taalverandering is nie beperk tot enkele aspekte van ’n taal nie, maar dit kan op baie vlakke merkbaar wees. Hoewel veranderinge in die woordeskat dikwels die sigbaarste is, is aanpassings in die vorm van ’n woord, in die betekenis en die grammatiese optrede eweneens deel van die omvattender verskynsel van taalverandering. Ook hier is dit nie net die woorde van ’n taal wat die teiken van verandering is nie. Ander items soos voor- en agtervoegsels, idiome en vaste uitdrukkinge ondergaan ook verandering.

Taalverandering is ter sake vir ’n navraag van mev. N. Smith van Panorama. Sy het dit oor die uitdrukking om iets onder lede te hê. Mev. Smith ken en gebruik dié uitdrukking wanneer daar verwys word na iemand wat reeds siek is, maar wat nog nie die uiterlike tekens van die siekte vertoon nie. Om byvoorbeeld masels onder lede te hê, is om reeds die siekte te hê, maar nog nie die kenmerkende rooi uitslag nie. Onder lede hê impliseer dus dat die diagnose nog bevestig moet word. Sodra die diagnose bevestig is, het jy masels. Maar, sê mev. Smith, deesdae lees sy van mense wat ’n siekte onder lede het selfs nadat die diagnose bo alle twyfel bevestig is en die persoon reeds ordentlik siek is. Haar navraag: Wanneer het jy ’n siekte onder lede?

Betekenisverruiming is een van die wesenlike kenmerke van taalverandering. ’n Item van die woordeskat handhaaf sy betekenis, maar kry ’n verdere waarde by wat gewoonlik regstreeks verwant is aan die oorspronklike waarde. Dit is wat met onder lede gebeur het. In die meeste Afrikaanse woordeboeke word slegs die betekeniswaarde wat mev. Smith as die eintlike betekenis ken, aangegee. Ook in die omvattende Woordenboek der Nederlandsche Taal is dit die enigste betekenisaanduiding, hoewel dit genoem word dat dit in ’n enkele geval gebruik is om te verwys na ’n siekte wat nog nie heeltemal uitgewoed is nie. In die jongste uitgawe van die gesaghebbende verklarende Van Dale Groot Woordenboek der Nederlandse Taal word daar met twee betekenisonderskeidinge gewerk. Die eerste waarde verwys na gevalle waar ’n mens reeds deur ’n siekte besmet is, maar die uiterlike tekens is nog nie merkbaar nie. Wanneer jy ’n siekte soos verkoue of griep onder lede het, beteken dit ook dat jy dit baie erg het. Hierdie tweede waarde is ’n toevoeging tot die betekenispakket van die uitdrukking. Dit lyk asof hierdie uitdrukking in Afrikaans dieselfde betekenispaadjie as in Nederlands loop. Naas sy oorspronklike waarde word dit wel deesdae dikwels gebruik om te verwys na gevalle waar die siekte reeds gediagnoseer en nog in ’n erge mate aanwesig is. Betekenisverruiming is hier aan die orde.

Betekenisverruiming gee ’n taal woema  Betekenisverruiming is een van die wesenlike kenmerke van taalverandering. Betekenis kan nie in ’n botteltjie gedruk en gebêre word nie. Daarvoor is taal te dinamies. Wanneer ’n taal geen tekens van verandering toon nie, het daardie taal iets baie ernstigs onder lede.

Rufus Gouws, Taalgereedskap, 21 Februarie 1994 © Die Burger, Netwerk24, Media24  

trefwoorde

betekenisverruiming | taalverandering



Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther