Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Dit wat ..., na wat ..., voor dit ..., jaar lank
’n Leser het dit teen “dit wat”. Hy noem twee voorbeelde wat hy êrens teengekom het: “Moenie jou kosbare toekoms blootstel aan dit wat baie volwassenes al laat sneuwel het nie”, en: “Ons dank u vir dit wat ons daagliks ontvang”.
Hy het volkome gelyk; die “dit” in die twee sinne is heeltemal oorbodig, eintlik onafrikaans.
Iets soortgelyks is “na wat verneem word”, “na wat verklaar word”, en nog meer.
Daar is die “wat” weer oorbodig.
Die leser het dit ook teen die volgende: “Mnr. X was vyf jaar lank hoof van die skool en was voor dit ...” Ook dáár het hy gelyk. “Lank” is oorbodig, hoewel ’n mens jou kan voorstel dat iemand dit kan gebruik om die lengte van ’n tydperk te beklemtoon.
Maar dit sou regtig ’n lang tyd moet wees, nie net vyf jaar nie.
“Voor dit” is ’n bietjie lastiger. Na regte moet dit daarvoor word, want wanneer “dit” saam met ’n voorsetsel gebruik word, word dit “daar”, wat voor aan die voorsetsel gelas word, soos by daarsonder, daarmee, daardeur en nog meer. Maar dit lyk of “daarvoor” in dié sin nie algemeen gebruiklik is nie. (Gebruikliker is dit in die sin van ten gunste wees van iets, soos in: “Die meeste is daarteen, maar ek is daarvoor.”)
In die onderhawige geval sou selfs mense wat besef dat “voor dit” nie deug nie, waarskynlik eerder ’n ander woord gebruik. Hulle sou byvoorbeeld sê: “... en was voorheen ...”
Die opstellers van die nuttige Sakboek van regte Afrikaans (SARA) meen ’n mens moet nie alte dogmaties sê dat voorsetsel plus dit altyd daar plus voorsetsel word nie. Hulle noem as voorbeeld dat iemand met ’n haelgeweer sê hy gaan olifante jag, wat ’n toehoorder, met verwysing na die haelgeweer, laat uitroep: “Met dit!”
In sulke verbaasde en uitdagende uitroepe, sê die opstellers, het “daarmee” nie dieselfde inhoud as “met dit” nie. Maar dit geld darem nie vir “voor dit” in die onderhawige geval nie.
J.J.J. Scholtz, Taalgereedskap, 18 September 1991 © Die Burger, Media24
trefwoorde
oorbodig
zoomzombie
Zumaïet
zumba
zump
-a
Afkorting en volvorm
afslaer
Asterisk wys nagedagte
Bê, sê die bok
Benamings laat struikel
berus
Besluite neem of maak?
Betekenis vra konteks
betekenisverhoudings
Betekenisverruiming gee woema
boer en Boer
Bologne tot Benoni
bywoord
DBAT
Deftig wees
Dialektiese variasies
Die tyd is nou
diernaam
dit wat
Één een
fooi
Gesukkel met name
Hoe werk die Taalkommissie?
Hoekom sprinkaan?
huh en uh-huh
huidiglik
hulpmiddele by skryf
Idiome wys taalvaardigheid
ingevoerde woorde
Is Afrikaans jonk?
kaplaks
kerfstok
kiri slam en iesegrimmig
Komma as desimale skeier
kort name
lankmoedig en verdraagsaam
Lexikos
loop en stap
meerkat
Mense laat hul voorsê
met iets deel
metonimie