Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 29 Maart 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

Dialektiese variasies help taal ontwikkel

Die afgelope vakansie het ek weer heelwat kontak met Transvaalse vriende en ander noorderlinge gehad en kon ek my weer verluister aan hulle Afrikaans. Op skrif is hulle Afrikaans en my Afrikaans grootliks dieselfde, en wanneer dit by uitspraak kom, is die verskille nie altyd dramaties nie. Aan die verskillende uitspraakvorme van die e-klank in woorde soos ek, hek en gek het ons lankal gewoond geraak. Maar ’n verskil wat toenemend opvallend raak, is die manier waarop sommige van die Transvaalse kinders hulle “tôl prôt” as dit by die uitspraak van die a-klank kom.

Toe die een klein mannetjie op die strand na sy en sy mater se ma’s soek en hulle nie raaksien nie, wou hy weet: “Waar is ons môs?” Op die vraag oor hoe dit met die eksamen gegaan het, het ’n ander jongeling gesê: “Die wiskunde en wetenskap was maklik, maar met die tôle het ek gesukkel.”

Tot ’n klompie jare gelede het hierdie “ô”-uitspraak ’n redelik beperkte voorkoms gehad. Volgens wat sommige ouers aan my vertel het, is kinders aan sekere skole in Pretoria geleer dat “ô” eerder as “a” die gewenste uitspraak is. Hierdie uitspraakvorm het gou al hoe verbreider voorgekom, en dit is opvallend dat daar deesdae in dieselfde huisgesin dikwels ’n verdeling tussen “ô”- en “a”-sprekers is, met veral die jonger kinders wat “ô” terwyl die ouer broers en susters “a”. En dan wil hulle weet wie en wat is reg en wie en wat is verkeerd.

Om ’n antwoord hierop te gee, is dit belangrik dat ’n mens eers aandag gee aan ’n algemener verskynsel, naamlik die voorkoms van variasie in een taal. Afrikaans is ryk aan dialektiese verskeidenheid en ander vorme van variasie en vertoon hierin dieselfde patroon wat ’n mens in die variëteite van ander tale teenkom.

Een van hierdie tipiese kenmerke van ’n dialek is dat dit veral in die gesproke taal voorkom. Daarteenoor word die standaardtaalvorm meestal in die skryftaal gebruik ook die skryftaal van dialeksprekers.

Die standaardtaalvorm, ook bekend as die standaardvariëteit, kan beskou word as ’n vorm wat neutraal is ten opsigte van dialektiese kenmerke. Dit staan ook bekend as ’n bodialektiese variëteit omdat dit die oorkoepelende vorm is wat deur alle dialeksprekers gebruik kan word.

In die gesproke taal is daar baie meer ruimte vir afwisseling en word daar makliker afgewyk van die standaardisering wat deur die skryftaal bewerk word. Dialekte kan op verskillende maniere van die standaardvariëteit verskil. Die algemeenste tipes dialektiese verskille kry ’n mens in die uitspraak van woorde en op die vlak van die woordeskat. Die uitspraakverskille tussen Bolandse en die noordelike variëteite is goed bekend. Sprekers van die noordwestelike variëteit ken baie woorde en uitdrukkings wat eie is aan daardie streek en nêrens anders voorkom nie.

Dialektiese vorme begin dikwels by ’n klein groepie sprekers en brei dan verder uit na ’n groter groep. Dit is deel van die stukrag wat bydra tot die groei en ontwikkeling van ’n taal en wat so belangrik is om taaleentonigheid te help vermy. Ons moet aanvaar dat sprekers van Afrikaans uit “praters” en “prôters” bestaan. As die gebruik van die “ô”-vorm slegs ’n modegier of ’n eendagsvlieg is, sal dit vanself verdwyn. Maar as dié vorm genoeg steun het, kan dit een van die kenmerke van ’n bepaalde dialekstreek word.

Rufus Gouws, Taalskatkis, 17 Januarie 1994 © Die Burger, Media24  

trefwoorde

dialek | skryftaal | spreektaal | standaardtaal | standaardvariëteit | taalverskeidenheid | uitspraak | uitspraakverskil | variëteit



Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther