Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
Afkorting nie altyd soos die volvorm
Daar is ’n Afrikaanse vertaling vir die Engelse compact disc, naamlik die woord laserplaat. Dié woord word in die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (die AWS) en in verskeie Afrikaanse woordeboeke opgeneem. Tog is daar geen erkende Afrikaanse ekwivalent vir die afkorting CD nie. Dit is aanvanklik oorweeg om laserplaat as LP af te kort, maar dit was gou duidelik dat dit nie inslag in die algemene gebruik sou vind nie.
CD se gebruik is stewig gevestig. Die Taalkommissie het in die onlangse verlede heelwat navrae hieroor gehad. Hoewel dit nog nie in die AWS gepubliseer is nie, het die Taalkommissie besluit om wel die vorm CD te erken. Hier sit ons met ’n afkorting wat nie ooreenstem met die Afrikaanse volvorm nie. Maar as ’n mens na verskillende aspekte van afkortinggebruik kyk, kom jy agter dat dit ook nie so ’n vreemde verskynsel is nie.
Sommige afkortings word slegs op skrif gebruik, maar word nie uitgespreek nie. As jy ’n sin soos “Sal jy asb. die boek vir mev. Crafford neem” hardop lees, spreek jy nie asb. en mev. as afkortings uit nie, maar wel as die volvorme “asseblief” en “mevrou”.
Daarteenoor word ander afkortings ook in die gesproke taal gebruik. Vergelyk voorbeelde soos BTW (belasting op toegevoegde waarde), LUK (Lid van die Uitvoerende Komitee), TV (televisie) en FM (frekwensiemodulasie). Hoewel sulke afkortings nog volgens hul alfabetnaamwaarde uitgespreek word (LUK = “el uu kaa” en nie *“luk”, soos in “geluk” nie), word hulle in die spreektaal soos gewone woorde gebruik.
’n Ander groep afkortings tree nog meer soos gewone woorde op omdat hul uitspraak nie volgens alfabetnaamwaarde is nie, maar volgens die letters se normale klankwaarde. Vergelyk voorbeelde soos Navo (Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie) en Sasol (Suid-Afrikaanse Steenkool-, Olie- en Gaskorporasie).
Afkortings wat in die gesproke taal gebruik word, word as gewone woordeskatelemente beskou en dikwels nie meer met ’n volvorm verbind nie.
Vergelyk ook afkortings soos Sanlam, Avbob, Kruik en Unisa. Die gebruik van kleinletters ná die aanvangshoofletter verhoog ook die woordstatus van hierdie afkortings.
Dit gebeur soms dat afkortings heeltemal los staan van die oorspronklike volvorm. Baie mense weet vandag nie dat faks eintlik ’n afkorting van die woord faksimilee is nie. In Afrikaans word die woord radar nie meer as ’n afkorting gebruik nie. Hy het ook geen Afrikaanse volvorm nie, maar wel ’n Engelse volvorm: radio detection and ranging.
Die afkorting CD word deesdae internasionaal geken, gebruik en erken. Dat die verhouding tussen afkorting en volvorm nie parallel loop nie, is nog een van die baie taalverskynsels wat oral voorkom en wat taalgebruik so ’n interessante studieveld maak.
Rufus Gouws, Taalgereedskap, 7 Februarie 1994 © Die Burger, Media24
trefwoorde
afkorting | Afrikaanse woordelys en Spelreëls | akroniem | AWS | skryftaal | Taalkommissie | volvorm
zef
Zefrikaans
zero
zika
zikakoors
zikavirus
zikr
ZIKV
zilch
zoedel
zoei
zolkoekie
zombifikasie
zombifiseer
Zoom
zoombie
Zoombom
Zoomer
zoomzombie
Zumaïet
zumba
zump
-a
Afkorting en volvorm
afslaer
Asterisk wys nagedagte
Bê, sê die bok
Benamings laat struikel
berus
Besluite neem of maak?
Betekenis vra konteks
betekenisverhoudings
Betekenisverruiming gee woema
boer en Boer
Bologne tot Benoni
bywoord
DBAT
Deftig wees
Dialektiese variasies
Die tyd is nou
diernaam
dit wat
Één een
fooi
Gesukkel met name
Hoe werk die Taalkommissie?
Hoekom sprinkaan?