Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 5 Februarie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)

Soek in:

juggle ww. | het gejuggle | (Engels)
1
by herhaling twee of meer voorwerpe in die lug opgooi en vang sonder om een te laat val: Hy is nie ’n gewone bedelaar nie. In plaas van om te staan met ’n bordjie, het hy geleer hoe om te juggle (Simon Sonnekus, Netwerk24, 15 Maart 2017). Die woord wat my hier gebring het, is daardie nemesis van subs: juggle. Jy weet, die akrobatiese manipulering van balle. Miskien weet party van julle wat dit volgens die woordeboeke is: In Afrikaans “jongleer” ’n “jongleur”. Niemand in my familie en vriendekring het ’n blou benul gehad wat dit konstateer nie. “Juggle” is wat ons sê wanneer ons juggle bedoel. […] So wat van jongleer? Hy staan in woordeboeke en word af en toe opgesoek en gebruik. Maar amper altyd vind jy die “Engels” agterna in hakies. Wanneer word juggle Afrikaans? (Marius Visser, Netwerk24, 11 Januarie 2020).
SINONIEM(E): wiggel | jongleer

2
(figuurlik) (a) (met moeite) verskillende aktiwiteite in ’n bepaalde periode inpas: Met my wat moes juggle om na die kinders te kyk en ook vir Crystal te gaan besoek by die hospitaal – alles het net vir my te veel geraak (Luwayne Bouwers, Kuier, 20 November 2020). Van 8:00 tot 15:00 was sy in leerder-mode en van 3:00 tot 4:00 die nag het sy haar skoolwerk gedoen. Die res van die dag was aan haar man, kinders en gemeenskap toegewy. Saans het sy nog saam met haar man huisbesoek gedoen. Dit was altyd ’n kwessie van tyd en dinge juggle, maar sy het dit gedoen (Kuier, 6 Augustus 2020). (b) jou tyd so beplan dat jy verskillende dinge gelyktydig of in kort opeenvolging van mekaar kan doen: Ons kon saam tyd deurbring, nuwe vaardighede leer soos om ons tyd te juggle, en om stil te word en ons huisie te kan geniet (Elana Afrika-Bredenkamp, Huisgenoot, 8 Mei 2020).
ENGELS: juggle


Let wel
Kies in watter bron(ne) jy wil soek. As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Kyk hier onder hoe jy ook met behulp van spesiale karakters kan soek.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther