Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
juigkommando s.nw. | juigkommando’s | juigkommando’tjie | (groep) vurige ondersteuners: › Daar is niks so banaal en irriterend as juigkommando’s wat die heeltyd met ’n Walmart-grynslag rondloop nie (Herman Lategan, Vrye Weekblad, 15 Desember 2023). › Hy skel en skree tydens sy wedstryde op skeidsregters, lynregters, baljoggies, sy afrigter en die toeskouers – selfs sy eie juigkommando (Tinus Horn, Vrye Weekblad, 2 September 2022). › Die jeuglede het geleer positiewe burgerskap beteken nie om ’n juigkommando van ’n politieke party te wees nie (Danie Langner, Beeld, 1 November 2017). › Anders as sy juigkommando is die Europese Unie nie beïndruk deur sy beloftes en bravado nie (Adri Kotzé, Vrye Weekblad, 2 Augustus 2019).
◌ ENGELS: staunch supporters
Japannees
jappifikasie
jas
Jawi
je ne sais quoi
jellielekker
jelliemannetjie
jelpen
jentoe
jerseymoue
jimpels
jintoe
jintoelina
jip-jap
jirlikheid
jissou
jojo
jolliepatrollie
jollof
joos
jors
judgerig
juggle
juigkommando
kaakbreker
kaalstert
kaantie
Kaapstad
kaart
kabaal
kabalis
kabelbinder
kabeldief
kabeldiefstal
kabelskaats
kaboedel
kaboel
kabouter
kader
kaderontplooiing
kaggel
KAI
kak
kakebeenbreker
kakkies
kakorrafiofobie
kakpot