Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
je ne sais quoi woordgroep [letterlik ek weet nie wat nie] (Frans) iets ondefinieerbaars; ’n kwaliteit wat moeilik is om te beskryf: › Vir die luiperdvelmotief het jy ’n sekere je ne sais quoi nodig. Die grens tussen styl en trashy is hier so dun soos ’n polonieskil (Laureen Rossouw, Vrye Weekblad, 13 Januarie 2023). › Tog moet dié motors ook daai mistieke element bevat wat maak dat hulle uitstaan in die skare; die je ne sais quoi waarna die Franse verwys (Christo Valentyn, Beeld, 11 Oktober 2011). › Tee is goed en wel, maar om ’n glas wyn oop te maak, is ’n okkasie. […] Jy drink dit (verkieslik) stadig en met oorleg, en daar is ’n soort ongeërgde je ne sais quoi daaraan waarby tee eenvoudig nie kan kers vashou nie (Annelize Visser, Vrye Weekblad, 26 April 2019). › As ’n Afrikaanspratende reik na Frans en byvoorbeeld sê: ‘Hy het ’n sekere ... je ne sais quoi’, klink sy miskien effens presieus, maar ook geleerd, belese en berese (Deborah Steinmair, Vrye Weekblad, 16 Augustus 2019).
◌ ENGELS: (Frans) je ne sais quoi
issit
Itac
itshitshi
IUBN
IUN
IvD
ivermektien
izimbadada
izinyoka
jaar
jafel
jaffel
jaffle
jakalapou
jamaa
jammergat
janaza
janter
jantjie
Japannees
jappifikasie
jas
Jawi
je ne sais quoi
jellielekker
jelliemannetjie
jelpen
jentoe
jerseymoue
jimpels
jintoe
jintoelina
jip-jap
jirlikheid
jissou
jojo
jolliepatrollie
jollof
joos
jors
judgerig
juggle
juigkommando
kaakbreker
kaalstert
kaantie
Kaapstad