Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
jollof s.nw. (kookkuns) tradisionele Wes-Afrikaanse gereg van rys wat saam met tamatie, uie en verskeie speserye gekook word en ook soms ander groente, vleis of seekos insluit: › Ek lees dikwels in romans uit Afrika oor kleurvolle geregte soos jollofrys. Ek het dit die eerste keer in ’n Wes-Afrika-restaurant in Pretoria [...] geëet, met tilapia, ’n varswatervissie wat ’n mens van kop tot stert verorber (Deborah Steinmaier, Vrye Weekblad, 19 Julie 2024). › Jollof is bekend vir sy rooi kleur, afkomstig van die tamatiesous, en het ’n ryk, geurige smaak. › Sit dalk jou volgende kerrie of bredie voor met die Wes-Afrika-gunsteling jollof-rys (’n pikante tamatie-rysgereg) en beïndrukjou gaste! (Karla Janse van Vuuren, Netwerk24, 12 Januarie 2019).
◌ SINONIEM(E): jollofrys
◌ ENGELS: jollof rice
oorsprong:
Van Jol(l)of, ook soms Wolof, ’n antieke ryk in Wes-Afrika.
jamaa
jammergat
janaza
janter
jantjie
Japannees
jappifikasie
jas
Jawi
je ne sais quoi
jellielekker
jelliemannetjie
jelpen
jentoe
jerseymoue
jimpels
jintoe
jintoelina
jip-jap
jirlikheid
jissou
jojo
jolliepatrollie
jollof
joos
jors
judgerig
juggle
juigkommando
kaakbreker
kaalstert
kaantie
Kaapstad
kaart
kabaal
kabalis
kabelbinder
kabeldief
kabeldiefstal
kabelskaats
kaboedel
kaboel
kabouter
kader
kaderontplooiing
kaggel
KAI