Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
Jawi s.nw. [geen meervoud] skrifstelsel wat vir verskeie tale van Suidoos-Asië, onder meer Maleis gebruik word, gebaseer op Arabiese skrif, wat oorspronklik 31 letters bevat, plus ses bykomende letters waarmee foneme eie aan Maleis weergegee word, en nog een, wat nie in Klassieke Arabies gevind word nie, maar in vreemde leenwoorde gebruik word: › Van die vroeë tot middel-1800’s het ’n behoefte aan ’n lees- en skryftaal by die Maleiers ontstaan. Die probleem was dat hulle nie die Romeinse alfabet kon lees nie, maar wel die Arabiese een. Madrassa-onderwysers het toe met die idee vorendag gekom om die Arabiese skrif te gebruik om in Afrikaans te skryf. Dié skryfstelsel was niks nuuts nie; hulle het ook dieselfde skryfstelsel, bekend as Jawi, gebruik om hul taal, Maleis, te skryf (Boeta Mogamat Alexander, Vrye Weekblad, 27 Oktober 2023).
◌ ENGELS: Jawi
issie
issit
Itac
itshitshi
IUBN
IUN
IvD
ivermektien
izimbadada
izinyoka
jaar
jafel
jaffel
jaffle
jakalapou
jamaa
jammergat
janaza
janter
jantjie
Japannees
jappifikasie
jas
Jawi
je ne sais quoi
jellielekker
jelliemannetjie
jelpen
jentoe
jerseymoue
jimpels
jintoe
jintoelina
jip-jap
jirlikheid
jissou
jojo
jolliepatrollie
jollof
joos
jors
judgerig
juggle
juigkommando
kaakbreker
kaalstert
kaantie