Bygewerk op 2 Maart 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Weekliks | Woordewisseling | Podsendings | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 449

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

leer s.nw.

diep leer Ook (soms) diepleer (rekenaar) metodes en tegnieke vir die skep van kunsmatige neurale netwerke wat rekenaars in staat stel om opdragte en take uit te voer op maniere wat sterk ooreenstem met hoe mense dit doen: Die eerste tipe masjienvertaling het van ’n stel reëls vir die betrokke taalkombinasie gebruik gemaak wat dan deur die stelsel verwerk is. Dit staan bekend as reëlgebaseerde masjienvertaling. Dit is opgevolg deur statistiese masjienvertaling, wat op waarskynlikhede gegrond is. Dit vereis groot korpora brontekste en hul menslike vertalings. Neuromasjienvertaling maak ook staat op groot korpora van menslike vertalings, maar ’n neurale netwerk wat die optimalisering van diep leer behels, word gebruik. Hierdie stelsels vereis baie verwerkingskrag en geheuegrootte (Eleanor Cornelius, LitNet, 16 Maart 2020). Heelwat navorsing is reeds gedoen om aggressiewe gedrag op aanlyn platforms rekenaarmatig te identifiseer. Sulke studies ondersoek aggressie en afknouery in teks, met ander woorde dit gebruik kunsmatige intelligensie (KI) in die vorm van masjien- en diepleer vir die identifisering van aggressiewe taalgebruik (Burgert A. Senekal, LitNet, 31 Maart 2022).ENGELS: deep learning

diepleertegniek (rekenaar): Die omstrede kletsbot ChatGPT [...] gebruik ’n diepleertegniek om teks en gesprekke te genereer wat dikwels nie onderskei kan word van dié wat deur werklike mense geskep is nie (Werner Wippenaar, Netwerk24, 17 Januarie 2023).


diepleervermoë (rekenaar): Die verkope [in ’n winkel sonder betaalpunt] word gedoen met dieselfde soort tegnologie wat in selfbestuurmotors gebruik word: rekenaarvisie, sensorsamevloeiing en diepleervermoëns (Finweek, 11 Mei 2017).


KYK OOK: masjienleer


gemengde leer Ook vervlegte leer leer wat onderrig-leersituasies van aangesig tot aangesig, soos in ’n klaskamer of lesingsaal, kombineer met aanlyn elemente wat op/vanaf enige plek benut kan word: Daar (is) reeds navorsing gedoen oor die gebruik van tegnologie (bring-jou-eie-toestel), dat dit voordelig vir klaskamerinteraksie tussen student en dosent is en dat dit vervlegte (gemengde) leer moontlik maak ten einde “beide intydse [en] interaktiewe klasdeelname te bevorder” Foo en Cheung (2017:85) argumenteer dat die grootste aantrekkingskrag van gemengde leer die vermoë daarvan is om die positiewe eienskappe van twee leeromgewings, naamlik aangesig-tot-aangesig-leer en e-leer, te kombineer (Ria Taylor, Michele van der Merwe, ’n Behoefte aan die integrering van tegnologie in die Afrikaans Huistaal-klaskamer om die ontwikkeling van 21ste-eeuse vaardighede te ondersteun, LitNet, 21 Februarie 2019).ENGELS: blended learningSINONIEM(E): versnitleer


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther