Bygewerk op 12 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat elders in die slag gebly het – intyds in die Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Dankie, almal wat aan ons leesprogram deelneem!

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

omikron s.nw. | omikrons |
1
[die letter o, O] vyftiende letter van die Griekse alfabet.

2
Ook omikronvariant, (nie-erkende skryfwyse in Afrikaans, maar in die media algemeen met ’n hoofletter) Omikron variant van die koronavirus EARS-CoV-2 wat in November 2021 in Suid-Afrika geïdentifiseer is: Nou is nog ’n nuwe variant van die virus geïdentifiseer – B.1.1.529, wat [...] deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) as ’n kommerwekkende variant bestempel is en die Griekse naam Omikron gekry het (Netwerk24, 30 November 2021). Benewens Alpha en Omikron is Gamma, wat in Brasilië; geïdentifiseer is, en Delta, wat in Indië geïdentifiseer is, ook kommerwekkende variante (Liezel de Lange, Rapport, 5 Desember 2021). ’n Blitspeiling deur Kaapstad Toerisme onder sy lede skets ’n somber prentjie oor die uitwerking wat die kansellasies op die reis- en toerismebedryf gaan hê nadat die Omikron-variant paniek in die wêreld begin saai het (Netwerk24, 30 November 2021).


oorsprong:
Grieks o mikron klein (“mikro”-)o


KYK OOK: EARS-CoV-2, covid-19


  Muggiesifters sien waaierore agter elke bult (Netwerk24) | Afrikaans is ’n ding wat spring (Vrye Weekblad) | Oral op drade sit kraaie, ook in oondstede (Netwerk24)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nie aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n eie inisiatief van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther