Bygewerk op 12 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat elders in die slag gebly het – intyds in die Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Dankie, almal wat aan ons leesprogram deelneem!

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

olifant s.nw. | olifante | olifantjie | baie groot dier  

UITDRUKKING(S):
die olifant in die vertrek (uit Engels) die ooglopende/duidelike/klaarblyklike probleem, waaroor niemand wil praat nie, wat deur almal geïgnoreer word: Wêreldleiers wat die olifant in die vertrek ignoreer in die naam van mag, gewildheid en profyt (Madeleine Barnard, Vrye Weekblad, 28 Junie 2019). Wantroue bly egter die olifant in die vertrek: die boere vertrou nie die staat nie, die staat vertrou nie die privaat sektor nie (Piet Croucamp, Vrye Weekblad, 2 Augustus 2019). In dieselfde uitgawe skryf Tim du Plessis oor die olifant in die vertrek – hoe wit mense steeds met die verlede omgaan sonder ’n opregte besef van onreg. As dit waar is, hoe kry ons die olifant uit die vertrek? (Wilhelm Jordaan, Netwerk24, 3 Februarie 2016).ENGELS: the elephant in the room


  Muggiesifters sien waaierore agter elke bult (Netwerk24) | Afrikaans is ’n ding wat spring (Vrye Weekblad) | Oral op drade sit kraaie, ook in oondstede (Netwerk24)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nie aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n eie inisiatief van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther