Bygewerk op 12 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther
Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat elders in die slag gebly het – intyds in die Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Dankie, almal wat aan ons leesprogram deelneem!
olifant s.nw. | olifante | olifantjie | baie groot dier
UITDRUKKING(S):
♦ die olifant in die vertrek (uit Engels) die ooglopende/duidelike/klaarblyklike probleem, waaroor niemand wil praat nie, wat deur almal geïgnoreer word: › Wêreldleiers wat die olifant in die vertrek ignoreer in die naam van mag, gewildheid en profyt (Madeleine Barnard, Vrye Weekblad, 28 Junie 2019). › Wantroue bly egter die olifant in die vertrek: die boere vertrou nie die staat nie, die staat vertrou nie die privaat sektor nie (Piet Croucamp, Vrye Weekblad, 2 Augustus 2019). › In dieselfde uitgawe skryf Tim du Plessis oor die olifant in die vertrek – hoe wit mense steeds met die verlede omgaan sonder ’n opregte besef van onreg. As dit waar is, hoe kry ons die olifant uit die vertrek? (Wilhelm Jordaan, Netwerk24, 3 Februarie 2016). ◌ ENGELS: the elephant in the room
nywerheidsomwenteling
nywerheidsrevolusie
objekseksualiteit
objekseksueel
objektofiel
objektofilie
objektum-seksualiteit
objektum-seksueel
OBK
OBSA
ODF
ODT
oek
oemf
oepsie
oesmaan
Oeso
Ôfrikôôns
oggendmens
okkapyp
Okosa
oksimeter
olielap
olifant
OLV
OMB-
omgewingsaktivis
omgewingsangs
omgewingsmoord
omgewingstres
omicron
omikron
omkyktwak
ondernemingsredding
ongeleide missiel
ongeleide projektiel
onthaasting
ontie
ontlaer
ontrommel
ontsmettingstonnel
ontsnapspel
ontwerpersbaba
ontwerpershond
ontwikkelingstaat
oor-die-toonbank-
oorgang