Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
Ôfrikôôns s.nw. [geen meervoud] (skertsend, soms kwetsend) variëteit van Afrikaans wat deur die oorgeronde uitspraak van die /a/-klank as ’n /ɔː/-klank gekenmerk word, veral in die omgewing van Pretoria: › In perfekte Pretoria-Ôfrikôôns reken sy my wat ek moet skryf. “Sê vir die mense dis ôl hoe ons Suid-Ôfrikô gaan regkry. Hulle moet soos, mekaar nooi en sôôm brôôi, dôn leer ons mekôôr, soos verstôôn” (Michèle Meyer, Vrye Weekblad, 14 Mei 2021). › Ons sogenaamde kunstenaars wat van hul “song” praat of mense wat gedurig sê dit is “awesome”, “great” en ander Engelse woorde met Afrikaans “mix”, bevorder Afrikaans glad nie. Om nie eers te praat van die uitspreek van woorde nie, byvoorbeeld “Ôfrikôôns” (G.A. Vermaak, Netwerk24, 14 Februarie 2017). ◌ SINONIEM(E): Pretoria-afrikaans | Pretoriaans ◌ ENGELS: Pretoria Afrikaans
nuwetegnologie-mineraal
NVG
nwata
nyaope
nywerheidsomwenteling
nywerheidsrevolusie
objekseksualiteit
objekseksueel
objektofiel
objektofilie
objektum-seksualiteit
objektum-seksueel
OBK
OBSA
ODF
ODT
OECD
oek
oemf
oemie
oepsie
oesmaan
Oeso
Ôfrikôôns
oggendmens
okkapyp
Okosa
oksimeter
oktobas
olielap
olifant
OLV
OMB-
omgewingsaktivis
omgewingsangs
omgewingsmoord
omgewingstres
omicron
omikron
omkyktwak
ondernemingsredding
onderwatertuig
ongeleide missiel
ongeleide projektiel
ongevuur
onsinverklikker
onthaasting