Bygewerk op 14 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van rubriekinsetsels, beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels gewys, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

shibori s.nw. [geen meervoud] (Japannees) Japannese handkleurtegniek wat ’n verskeidenheid patrone op materiaal skep: Die wêreld se oë [is] reeds geruime tyd gerig op die Ooste – vir inspirasie van dekor tot kos. Tendense soos macramé, shibori (’n knoop-en-dooptegniek) en bestanddele soos sriracha (gefermenteerde brandrissiesous) is al ’n ruk met ons, maar nou gaan meer van hierdie bestanddele hul verskyning maak (Sarie, 23 April 2019). Die eeue-oue Japannese tegniek om gevoude materiaal te kleur word “shibori” genoem. Dis maklik om self te doen en die patrone wat vorm, elke keer ’n verrassing (Sarie, Maart 2018).ENGELS: shibori

 PRENTE  



  Muggiesifters sien waaierore agter elke bult (Netwerk24) | Afrikaans is ’n ding wat spring (Vrye Weekblad) | Oral op drade sit kraaie, ook in oondstede (Netwerk24)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nie aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n eie inisiatief van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther