Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
transfobie s.nw. [geen meervoud] vrees/afsku/afkeer/hekel wat iemand ten opsigte van transgender persone koester; vrees vir of ongemak in die teenwoordigheid van transgender mense: › Hulle het ’n petisie onderteken waarin hulle hul misnoeë uitspreek oor “die veldtog van teistering en transfobie” teen haar (Jeanne-Marié Versluis, Rapport, 7 Julie 2019). › ’n Amerikaanse LGBT-groep het bande met haar verbreek weens beweerde transfobie. (Lourensa Eckard, Netwerk24, 27 Maart 2019). › Wat ook kan gebeur, is dat transgender mense self transfobies raak weens dit wat hulle in hul ouerhuise oor geloof en gender beleef (Elsabé Brits, Vrye Weekblad, 2 Augustus 2019).
afleiding(s):
transfobies: › Om transfobies te wees in 2023 is verkeerd en dit kan nie gedoog word nie (Izak de Vries, LitNet, 26 April 2023).
toek-toek
toelies 1
toelies 2
toepas
toerisme
toes
toet
toetie
tok
-tokker
toks
toksies
tol
tonggeseling
tonic
tonnelontsmetting
toontjie
torpiditeit
torpor
tou
towersampioen
trammakassie
trans
transfobie
transgender
transisie
transjoernalistiek
transnasionaal
transseksueel
transtalig
transtaling
trapklip
trawie
trein
-trein
trek
trend
trendy
triek
trigologie
trigoloog
trigram
trilemma
trisomie
trofeejag
Trojaan
Trojaans