Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 5 Februarie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)

Soek in:

trammakassie tussenwerpsel (Maleis, verouderend)
Ook tramakassie

dankie: Baie trammakassie aan amal wat betrokke was! (Shirmoney Rhode, LitNet, 5 Mei 2017). Trammakassie is 'n verouderde Maleise woord wat gereeld in die ou dae in die Kaapse Moslem-gemeenskap gebruik is. Dit beteken dankie. 'n Ander woord daarvoor is sjoekran. Ek kies dié woord as ʼn eenvoudige voorbeeld van die ryk invloed van verskillende kulture op Afrikaans, iets wat ons in hierdie tye van ongeskakeerde dogma, banale ideologie, versmorende kortsigtigheid en liederlike mensehaat nie moet vergeet nie (Herman Lategan, LitNet, 8 Desember 2015). Trammakassie, soos hulle eertyds in die Bo-Kaap gesê het (Hein Willemse, LitNet).
ENGELS: thank you

KYK OOK: terima kasih

tramakassie

My absolute favourite ene, die crème de la crème van alle Cape Malay-uitdrukkings! Die phrase is ’n Kaapse version vannie Indonesian derivative “terima kasih” wat bedoel “dankie”, gevolg deur “kassie vir Allah” as djy vannie Kaap is of “sama-sama” as djy in Indonesia is. Ek het recently die term “kembali” op Duolingo geleer, en iemand byrie Indonesian Consulate het vi my op WhatsApp “terima kasih kembali” gesê, wat bedoel “dankie vi jou oek”. Ek is sad om te sê dat “tramakassie” wôd nou phased out en replaced deur die Arabiese equivalent “shukran”, ’n reflection van ’n socio-cultural shift in recent years – daa’s nou ’n heelwat grooter global exchange tussen Arab culture en ôse community innie Kaap. “Tramakassie” is nou en dan net mentioned dee die contemporary generation as iets wat historical significance het (hulle dink dis “oudtyds”) en djy hoorit net oppie Cape Flats maa nie in urban Muslim circles’ie. Vi my of course is die woord timeless, en wanner ek in Indonesia in 2016 was, het ek gepromise dat ek sal dit wee t’rug bring narrie Kaap toe!

Tasneem Daniels, LitNet, 12 Augustus 2021  



Let wel
Kies in watter bron(ne) jy wil soek. As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Kyk hier onder hoe jy ook met behulp van spesiale karakters kan soek.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther