Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
tydsverloopvideo s.nw. | tydsverloopvideo’s | reeks foto’s wat met gereelde tussenposes geneem en dan saamgevoeg en teen normale spoed vertoon word, wat die indruk skep dat tyd vinniger verloop: › Giliomee skilder vier eeue in amper 300 bladsye. Om soveel saamvattende geskiedenis in te neem laat jou voel of jy na ’n tydsverloopvideo kyk: As jy dophou hoe water op ’n rots drup, is daar niks anders te sien as druppels water nie, maar as jy die proses oor 400 jaar dophou, merk jy gou dat verandering weliswaar geleidelik dog onafwendbaar is (Bruce Clark, Rapport, 8 Maart 2020). › Om ’n tydsverloopvideo af te neem moet jy weet hoe lank die totale gebeurtenis is, bv. ’n sonsopkoms wat 2 uur duur (7 200 sekondes), asook hoe lank die voltooide video moet wees, bv. 20 sekondes. (Die aanbevole raamkoers vir die tydsverloopreeks is 24 raampies per sekonde – dis die standaard vir PAL-videosisteme) (Weg, 26 Maart 2019). › Het jy al ooit ’n tydsverloopvideo geneem? Hoe meer funksies [van jou kamera] jy kan gebruik, hoe meer kreatief kan jy raak met jou foto’s (Sam Reinders, Weg, 25 November 2016). ◌ ENGELS: time-lapse video
tuin
tuisblyvakansie
tuis-isolasie
tuisvakansie
tulpa
Türkiye
Turkye
tussenmens
tussentaal
twala
twansie
twee
tweefaktorverifikasie
tweefasemagtiging
tweepotstelsel
tweestapverifikasie
twiet
Twitterstorm
Twittertirade
Twittertrol
Twitterviroloog
tydbespaarder
tydmiljoenêr
tydsverloopvideo
über-
ubukunzi
UCAV
ugli
uit
uitfigure
uitgefees
uitgezoom
uitmis
uitsluitkultuur
uitsteek
uitstiek
uitvissing
uitvissingsboodskap
uitzonk
uitzoom
ukukhothana
ukungenwa
ukuthwala
ukuthwasa
umakoti
umami
umhupe