Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 22 Maart 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

Trompie s.nw. (informeel, neerhalend, skertsend)
1
[geen meervoud] bynaam van Donald John Trump (1946 –), 45ste en 47ste president van die Verenigde State van Amerika: Trompie blaas die aftog en stuur sy bende huis toe. Maar hy lieg so dat Twitter vir die eerste keer nie eers toelaat dat sy twiet gedeel, gelike of dat daar kommentaar op gelewer kan word nie (Jean Oosthuizen, Facebook, 7 Januarie 2021). Ek geniet dit ook om soms net te ‘stir’, veral rakende aktuele sake. Soos nou in die VSA met Trump (Trompie) wat soveel mense se gal behoorlik opjaag (Wannie Carstens, Facebook, 14 November 2020).

2
| Trompies | [ook met kleinletter(s)] bynaam vir ’n ondersteuner van die Amerikaanse president Donald Trump: Koebaai, Trump. Maar dit gaan nog ’n ruk neem om die breingespoelde trompies te genees. Wees sag op hulle (Charles Smith, Facebook, 21 Januarie 2021). Daar is op hierdie oomblik steeds hordes Trompies wat vas, vas glo hul meester is die een wat vir ’n tweede termyn ingehuldig gaan word. Dis party dae om van gek te word, met sulke massale werklikheidsverwerping wat gaande is (Piet Muller, Facebook, 19 Januarie 2021). Soos mens sukkel om vandag Hitler- en Stalin-volgelinge te kry, so sal mens binnekort al hoe minder Trompies kry. Die Covid-19-ontkenners sal ook uitgesterf het (Jean Terblanche, Facebook, 10 Januarie 2021).
ENGELS: Trumper


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther