Bygewerk op 12 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther
Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat elders in die slag gebly het – intyds in die Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Dankie, almal wat aan ons leesprogram deelneem!
geosmien s.nw. [geen meervoud] ◌ Ook (verouderd) geosmine ◌ organiese verbinding met ’n kenmerkende reuk, soos dié van varsgeploegde grond of modder, wat geproduseer word deur mikroörganismes wat in grond, op verrottende materiaal en op alge lewe: › Dit moet beklemtoon word dat geosmi[e]n geen bedreiging vir mense se gesondheid inhou nie. Dit is ’n organiese verbinding wat natuurlik voorkom en is verantwoordelik vir die grondsmaak van byvoorbeeld beet, en die reuk in die lug wanneer dit ná ’n droë tydperk gereën het (Netwerk24, 7 Januarie 2021). › Geosmi[e]n is soms in water teenwoordig veral tydens tydperke van warm weer, en selfs klein konsentrasies daarvan kan in die menslike smaaksintuig bespeur word [...] Die metro monitor die situasie as deel van die waterbehandelingsproses. Dit word verbeter deur geaktiveerde verpoeierde koolstof tydens die proses by te voeg om die effek van geosmi[e]n te verminder (Netwerk24, 7 Januarie 2021). ◌ ENGELS: geosmin
genderneutraliteit
genderqueer
genderspektrum
genderstereotipe
genderstereotipering
genderswerwer
gendervloeibaar
generasie
geneties
genomies
genomika
gentleman-skollie
gentrifikasie
gentrifiseer
gentrifisering
geoligging
geolokalisering
geolokasie
geomitologie
geopolitiek
geoposisie
geoposisionering
geoskattejag
geosmien
geosmine
geostasionêre satelliet
geraasonderdukkend
geruisdempend
geruisdowend
geselsbot
gesigherkenningstegnologie
gesigsbiometrie
gesigskild
gesigsuier
geskryfde
geslagsdisforie
geslagsgeweld
geslagskleur
geslagsneutraal
gesondheidsbevorderingsheffing
gesondheidspas
gesteunde
getap
getjarra
geuraksent
gevaar
gevaarloon