Bygewerk op 2 Julie 2022
Redakteur: Jana Luther
Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat elders in die slag gebly het – intyds in die Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Dankie, almal wat aan ons leesprogram deelneem!
geskryfde s.nw. | geskryfdes | (letterkunde)
1 die geskryfde ◌ Ook gebiografeerde ◌ persoon wat die onderwerp van ’n biografie is: › Dit is verstaanbaar dat ’n biograaf op dun ys skaats wanneer die geskryfde en die meeste van haar intieme vriende nog lewe (Daniel Hugo, Netwerk24, 17 Mei 2020). ◌ ENGELS: biographee
2 die geskryfde werklike persoon wat in ’n literêre teks herkenbaar is: › Ek wil spesifiek praat oor die netelige posisie waarin ’n besondere soort leser, die sogenaamde geskryfde, hom bevind, en sy reg om appèl aan te teken teen die “vonnis” wat die literêre teks oor hom uitspreek. Hierdie “geskryfde” (’n term wat deur Phil du Plessis [1993] gemunt is), is ’n persoon wat homself “herkenbaar terugvind” in ’n literêre teks. Ek praat nie nou van iemand wat homself as tipe herken nie; dit gaan hier oor iemand wat met vers en kapittel (en dokument) kan bewys dat hy/sy die skrywer se “model” is (Riana Scheepers, Lesing vir ALV-kongres, LitNet, 1994).
gentleman-skollie
gentrifikasie
gentrifiseer
gentrifisering
geoligging
geolokalisering
geolokasie
geomitologie
geopolitiek
geoposisie
geoposisionering
geoskattejag
geosmien
geosmine
geostasionêre satelliet
geraasonderdukkend
geruisdempend
geruisdowend
geselsbot
gesigherkenningstegnologie
gesigsbiometrie
gesigskild
gesigsuier
geskryfde
geslagsdisforie
geslagskleur
geslagsneutraal
gesondheidspas
gesteunde
getap
getjarra
geuraksent
gevaar
gevoetesleep
gewiesit
gewingerd
gewoer-woer
gewolt
gezoei
gezonk
ghaazie
ghai
ghellie
ghoemahare
ghoes
ghoesl
ghonnaghoet